ADVERTISEMENT:

 

'n Strykkwartet, gekomponeer deur plaaslike komponis Marius de Bruin (41), gaan in Duitsland en Oostenryk uitgevoer word.

Plaaslike komponis se werke in Europa gehoor

 

'n Strykkwartet, gekomponeer deur plaaslike komponis Marius de Bruin (41), gaan in Duitsland en Oostenryk uitgevoer word.

De Bruin, ‘n inwoner van Louis Trichardt, se strykkwartet vir twee viole, altviool en tjello sal in Weimar in Duitsland en Ingsburgh in Oostenryk uitgevoer word. “My eerste strykkwartet sal in Desember in Weimar uitgevoer word en volgende jaar in Weimar en Ingsburgh. In Ingsburgh beplan hulle om my strykkwartet met ‘n hele strykorkes te doen,” het De Bruin gesê.

De Bruin het al aan hierdie strykkwartet begin skryf toe hy onder (wyle) internasionale komponis prof. Stefans Grové by die Universiteit van Pretoria studeer het. “Hierdie kwartet was al so lank in my kop en ek wou dit nog altyd verbeter het,” het De Bruin gesê. Die dryfkrag het gekom toe Marius in 2012 deur Esther Delport-Lamanna, ‘n viool virtuoos wat in Duitsland optree, eers net gevra is om ‘n vioolsonate te skryf en ander opdragte daaruit gevolg het. “Ek het dele van die sonate vir haar gestuur en sy het dit aan dirigente in Europa getoon wat blykbaar opgewonde en beïndruk was en gevra het wat die moontlikheid was vir simfonieë en verdere werke. My opdrag met hierdie strykkwartet was dat daar redelike Afrika-elemente aanwesig moet wees wat ek toe aangebring het,” het De Bruin gesê. Hy het verduidelik dat die strykkwartet drie bewegings het wat aaneenlopend is en as een werk uitgevoer word.

De Bruin het met musiek begin toe hy vier jaar oud was. “Ek het begin komponeer toe ek in Standerd 1 [Graad3] was en nog by die talentvolle Henk Vermaas, self ‘n voormalige komponis, vioolklasse en my eerste orrelklasse geneem het. Ek was nog altyd lief om te improviseer en het gereeld voor Henk op die viool geïmproviseer, terwyl hy die begeleidings saam geïmproviseer het. Henk het vir my gevra hoekom begin ek nie om dit neer te skryf nie en in 1981 het ek toe met die skryfdeel begin. My eerste werkie was vir klavier, iets wat ek seker my hele lewe sal onthou. Van daar af het dit vinniger gegaan, nie noodwendig makliker nie. Ek onthou ek het my akademiese onderwysers op skool mal gemaak, omdat ek eerder musiek in die klas geskryf het as om te fokus op dit wat hulle wil hê. My een groot beweegrede om by Tukkies te studeer was om komposisieklasse by prof. Grove te kon neem. Dit het baie vir my beteken,” het Marius vertel.  

Twee jaar nadat Marius afgestudeer het, het hy die opera Via Dolorosa voltooi waarna die opera Mara gevolg het. Tans is Marius baie besig met komponeer. “Ek het opdragte om ‘n simfonie te skryf vir die stadsorkes van Weimar, asook ‘n vioolkonsert wat Delport-Lamanna saam met dieselfde orkes sal uitvoer. Verder is daar ‘n simfonie en overture vir die Ingsburgh simfonie-orkes, asook nog die moontlikheid van ‘n klavierkonsert,” het De Bruin gesê en bygevoeg dat ‘n konserttoer in Duitsland saam met Delport-Lamanna ook in die pyplyn is.

Entertainment - Date: 27 November 2014

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

Email:

ADVERTISEMENT: