ADVERTISEMENT:

 

Prize-giving / Prysuitdeling 2014 *updated*

- Date: 04 December 2014

Written by: Linda van der Westhuizen / Viewed: 15275

Search for a story:

 

The Ridgeway Independent School outside Louis Trichardt announced their top sport boy and sport girl on 26 November and presented them with the sportsmanship trophies. Left is Aidan Bristow (sport boy) and right is Emlyn Foord (sport girl).

Ridgeway Independent School hosted their junior phase prize-giving ceremony at the school hall of Ridgeway College in Louis Trichardt on 25 and 26 November. 

Muneiwa Ratshitanga was the best senior soccer player), Bilaal Essa got the award for best senior cricket player, Rejoice Mkansi and Cara Joubert shared the trophy for best senior netball player and Gordon McGaffin was the best chess player. Taha Tayob and Neha Patel shared the trophy for loyalty, Gordon McGaffin received trophies for helpfulness and perseverance, and Emlyn Foord was awarded the trophy for eco-awareness. 

Aidan Bristow was appointed as sport boy and Emlyn Foord as sport girl for 2014, while Emlyn Foord was awarded the Dux Scholar for 2014.

Hoërskool Louis Trichardt het hul jaarlikse prysuitdeling gehou op 15 Oktober 2014 en het toptoekennings uitgedeel vir sport, kultuur en akademie. Hierdie jaar is die hoof, mnr. Theo Muller, met die uitdeel bygestaan deur die hoofseun van 50 jaar terug, mnr. Johan Mulder.

Die skool se trofee vir leierskap word vanjaar gedeel deur Elouise Spies en Jaco Linde, onderskeidelik hoofmeisie en onderhoofseun van 2013/14, terwyl Daniél Coetzee, hoofseun van 2013/14, die gesogte Triegie-van-die-Jaar ontvang het.

Coreen Meiring, is aangewys as die top kultuurleerling van die jaar en Liesbet Voight het die Finesse-trofee opgeraap.

Die top sportseun en –meisie toekennings het onderskeidelik aan Richard Lambert en Amorien Venter gegaan.

Laerskool Louis Trichardt het ook op 28 en 29 Oktober hulle prysuitdeling funksies gehou. Alida du Preez, hoofmeisie van Laerskool Louis Trichardt, ontvang die Triegie van die Jaar trofee en Bernice Meiring, onderhoofmeisie van Laerskool Louis Trichardt, ontvang die trofee vir die Staatmaker van die Jaar. 

Laerskool Louis Trichardt het vanjaar twee nuwe trofeë vir beste leierontwikkeling ingestel. Die eerste twee wenners van hierdie trofeë is, van links na regs,  Johannes Joubert (beste leierontwikkeling: seuns) en Megan Bayes (beste leierontwikkeling: meisies).

Hoërskool Eric Louw in Musina het ook op 21 Oktober, tydens die skool se jaarlikse prysuitdeling, hul uitblinkers in akademie, sport en kultuur die afgelope jaar met trofeë beloon.

Graad 11-leerling Jannemari Fourie word aangewys as beste Afrikaanse redenaar en beste kultuurmeisie, asook Sportmeisie van die Jaar. Graad 9-leerling Jan-Karel Limbach stap op sy beurt ook weg met die trofeë vir beste Afrikaanse redenaar en beste kultuurseun, asook Sportseun van die Jaar. 

Stephen Stander is aangewys as Dux-leerling, Kuldeep Jadeja as top akademiese presteerder en Elzke Booyse as Staatmaker van die Jaar.

CVO-skool Zoutpansberg het op 30 Oktober hul jaarlikse prysuitdeling gehou. Jani Badenhorst is nie net aangewys as Zoutie van die Jaar in die laerskoolfase nie, maar ook as toppresteerder in Graad 6. Graad 9-leerling Hendrik Badenhorst het die trofeë vir toppresteerder vir fisiese wetenskap, lewenswetenskappe en wiskunde ontvang. Melissa Stemmet ontvang die trofee vir toppresteerder in Graad 10 tot 12 en word ook aangewys as Zoutie van die Jaar in die hoërskoolfase. Verdere akademiese toppresteerders is Chané Rabe vir Graad 9, Ewan Smit vir Graad 1 en Mieke Prinsloo vir Graad 2.

Laerskool Levubu het hulle jaarlikse prysuitdeling op 20 November gehou. Rinae Setlako is aangewys as Laerskool Levubu se Rugbyspeler van Jaar en die Sportseun van die jaar. Anza Mufamadi is aangewys as die Sportmeisie van die jaar. Jong Mijanke Venter het die Bokkie van die Jaar-trofee ontvang. Die skool het ook hulle atletiek en swem trofeë uitgedeel. Anza Mufamadi (links) en Chad Smith (regs) deel vanjaar Laerskool Levubu se Boekwurm van die Jaar-trofee.

Laerskool Messina se prysuitdeling is op 10 November gehou. Diana van Niekerk en Rotondwa Mulea is onderskeidelik aangewys as die skool se Sportmeisie en -seun van die Jaar. Die skool se toppresteerders in Graad 7 die afgelope jaar was (van links na regs) Muofhe Libago (bogemiddelde prestasie), Sinead Linder (hoogste prestasie in Afrikaans eerste addisionele taal en Engels eerstetaal) en Sandy Pesulo (hoogste prestasie vir skeppende kuns: meisie).

 

ADVERTISEMENT