ADVERTISEMENT:

 

Bergfietsbrul samel duisende in

- Date: 22 May 2015

Written by: Isabel Venter / Viewed: 9459

Search for a story:

Hoërskool Louis Trichardt het op Donderdag, 7 Mei, ‘n “Bergfietsbrul” aangebied by die skool waartydens hulle ‘n allemintige bedrag ingesamel het vir die Makhado Care Group van Louis Trichardt. 

Spanne kon inskryf en deelneem aan die bergfietsuitdaging deur vooraf geld in te samel.
Die span wat die meeste geld ingesamel het, was die Graad 11-1 klas, of die Cansa Crusaders, van mev. Sareta Botha. Hulle was ook die wenspan tydens die bergfietsbrul. Vir die uitdaag is daar ‘n baan op die skoolgronde uitgelê, waarop spanne se fietsryers mekaar moes aflos en beurte maak. Die Cansa Crusaders voltooi 29 rondtes in 90 minute.

Kort op hulle hakke was die Fairies & Warriors (Graad 9-1), wat 28 rondtes voltooi het, gevolg deur die Pankreas Perminnions (Graad 11-2) wat 27 rondtes voltooi en derde geëindig het.
Die Ridgeway College, ook van Louis Trichardt, het ook ‘n vriendskaplike span, die Scars, gehad wat deelgeneem het aan die dag.

Ander toekennings het gegaan aan die Graad 12-4’s (Pink Panthers), wat aangewys is as die span met die meeste gees, Tanga Matumba van Graad 12-5 wat die skouspelagtigste val gehad het en Richard Lambert, wat die grootste meganiese breek gehad het.

In totaal het die skool R18 700 ingesamel, wat hulle vandeesweek aan die Makhado Care Group oorhandig het. Dié geld, het mev. Jernay Mcleod van die omgeegroep gesê, kan betaal vir twee mense se skanderingstoetse en uiteindelik hul lewens red. Die Makhado Care Group is welbekend vir diel onbaatsugtige werk wat hulle in die plaaslike gemeenskap verrig vir kankerlyers. Hulle kan gekontak word by 083 403 5752 of 082 902 6271.

 

ADVERTISEMENT