ADVERTISEMENT:

 

Triegie-leeus brul saam in stryd teen kanker

- Date: 14 May 2016

Written by: Isabel Venter / Viewed: 13036

Search for a story:

Verlede week het die speke behoorlik gesing by Hoërskool Louis Trichardt - en boonop vir ‘n goeie doel.

Die skool het verlede Donderdag vir die tweede agtereenvolgende jaar hul “Bergfietsbrul” op die skoolterrein aangebied, waartydens hulle ‘n allemintige bedrag ingesamel het vir die Makhado Care Group van Louis Trichardt.

Daar was groot fietse, klein fietse en vrolike karakters wat in spanne deelgeneem het aan die bergfietsuitdaging deur vooraf geld in te samel. Vir die uitdaag is daar ‘n baan op die skoolgronde uitgelê waarop spanne se fietsryers mekaar moes aflos en beurte maak.

Die span wat die meeste rondtes gery het om die baan was die Gym of all Nations span, oftewel die Graad 10-1 klas, wat 31 rondtes voltooi het. Kort op hulle hakke was dieColours-span (Graad 11-2), wat 29 rondtes voltooi het, gevolg deur die Hiepies (Graad 9-1) wat 28 rondtes voltooi en derde geëindig het.

Ander toekennings het gegaan aan Kombo Bere, wat die seun was wat die vinnigste baantyd aangeteken het (02:00) en Christel Coetzer (02:39) wat die vinnigste meisie was.

Van Heerden & Rudolph Prokureurs se “pro”-span het hulle self bewys, deur in ‘n rekordtyd ‘n aantal van 34 rondtes te ry.

Teen druktyd was die skool nog besig om al die geld te tel.

Die skool het KFC Louis Trichardt, Autozone, Premjee & Son, en Cycle Centre bedank wat gehelp het om van die uitdaag ‘n reusesukses te maak.

Die Makhado Care Group is welbekend vir die onbaatsugtige werk wat hulle in die plaaslike gemeenskap verrig vir kankerlyers. Hulle kan gekontak word by 083 403 5752 of 082 902 6271.

 

 

ADVERTISEMENT