ADVERTISEMENT:

 

“Meneer die Burgemeester - U haat is besig om alles in dorp te vernietig”

 

Ná aanleiding van die voorblad­artikel “We will fight!” in verlede week se Zoutpansberger:

Ek haal graag Louis Trichardt se burgemeester, mnr. David Muta­vhatsindi, aan: “The setting aside of the name Makhado… we’re not happy … Because people had spoken in terms of that name, and records are there … They are there even as I speak today.” 

Die vraag is, watse rekords? Dié van die 1800’s toe die naam vanaf Makhado na Louis Trichardt verander is, of is dit rekords van die huidige tyd, beginnende by die eerste pogings? Meneer Burgemees­ter, ek versoek u graag in openbare belang dat u u rekords laat publiseer in die Zoutpansberger. Dit is tog in openbare belang ter wille van welwillendheid en nasiebou in die Zoutpansberg-gebied en in die breër Suid-Afrika. As Burgemeester behoort u tog ‘n voorbeeld te wees.

“want the street names to be changed … “,”… people who enjoy going for protest marches and marching on the streets demanding services.”

Ai, meneer die burgemeester, jy is mos nou besig om gevoelens tussen rasse en inwoners op te sweep en moontlik ook geweld aan te blaas. Gaan dit binne jou reg wees om as openbare amptenaar ‘n optog te loods en daaraan deel te neem om ‘n politieke agenda te probeer verwesenlik?

”There is a consistent effort … to undermine the democracy we have earned through the blood of other people…”

Met ander woorde, mnr. Muta­vhatsindi, as ek u reg verstaan, was u nie deel van die pogings en die bloed van ander mense om Makha­do Munisipaliteit te skep nie. U ry nou op die bloed van ander die soustrein.

“we have people in this town … against transformation”. 

Hoekom misken u die verlede en wil u met die afdwing van u politieke agenda geskiedenismoord pleeg? Aan die ander kant doen dit gerus, u en u voorgangers het reeds Louis Trichardt gelei na die gemors wat dit vandag in verkeer.

U verdere uitlatings is te betreur en bejammerenswaardig om op so ’n wyse die oorwegend blanke inwoners van die dorp wat u salaris en voordele betaal te verkleineer en sleg te sê deur te beweer hulle is nie deel van “our people” nie. As u werklik die Venda-volk se geskiedenis gaan navors, sal u wel agterkom dat die Venda ook ’n volk is wat ontstaan het uit verskeie volke wat na die suidpunt van Afrika toe gevlug het. Soos wat u dit stel, is u net so min ’n voël van hierdie land.

Die feit dat u u gevoel van haat op die blankes op so ’n manier wil uithaal, is te verstane, maar haat  saai verwoesting. As u Louis Trichardt  as dorp tot voor April 1994 kan onthou en u ry nou deur u dorp en neem waar rondom u, sal u besef u haat is besig om alles af te breek en te vernietig. Soos wat in die res van Afrika gebeur het – Louis Trichardt adieu! Soos al die ander gaan jy ook jou plek in die bodemlose Afrika put inneem.

- Carel Breytenbach (Louis Trichardt)

Letters - Date: 27 November 2014

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Email:

ADVERTISEMENT: