ADVERTISEMENT:

 

“Ek pleit by u om nie debat by te woon oor Christus se Goddelikheid”

 

My medegelowiges in Christus Jesus. Ek rig hierdie brief in reaksie op die voorgenome debat oor die Goddelikheid van onse Here Jesus Christus.

Ek wil u aanmoedig om dit NIE BY TE WOON NIE. My rede hiervoor wil ek gee met ‘n vraag: Moet ‘n dokter self gif drink voor hy ‘n pasiënt kan help wat dit gedrink het? Die antwoord is eenvoudig, maar beslis NEE.

Vir u wat getuig van Christus se werk in u lewe en dit bely, sal u waarskynlik u kerk en geloof verlaat ná die aanhoor van so ‘n debat? Die Goddelikheid van Christus is bevestig met die Konsilie van Nicea in 325 n.C. Dit is 200 jaar voor die Moslem/Islam geloof ontstaan het, 200 jaar voor hulle profeet Mohammed geleef het. Waarom wil u uself besoedel met doellose strydvrae?

Paulus het by vier geleenthede die Christene van sy tyd aangesê om dit te vermy: Rom. 16:17; 1 Tim. 6:20; 2 Tim. 2:16; en Tit. 3:7. Ek pleit by u om hierdie debat nie by te woon nie, met die versekering dat u in ‘n geloofstryd sal kom weens dit. Ook doen ek ‘n beroep op die leraars van die dorp om hulle afkeur teen hierdie debat uit te spreek. Christus is die hoof van die Kerk op aarde, waarom sal ons nie daarop staan nie?

- Riaan Britz (lerende ouderling van die Evangelies-Gereformeerde Kerk, Louis Trichardt)

Letters - Date: 29 January 2015

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Email:

ADVERTISEMENT: