ADVERTISEMENT:

 

Wat het geword van die Kansa Relay verslae wat verlede jaar beloof is?

 

Terwyl ek nog asem het, wil ek iets sê en ek gaan dit sê. Die projekte wat Kansa jaar na jaar aanpak om mense meer kankerbewus te maak, raak nou ‘n bietjie erg.

Die klomp manne van Louis Trichardt en oor die hele land wat half nakend in hulle pers of watse onderbroeke in die strate gedraf het, is weersinwekkend.

Hoe sal dit lyk as ons vrouens net in ons “bra’s en panties” in die strate moet hardloop om bors en vrouedele kankerbewustheid te kweek? Stel jou die affêre voor, want wat vir mans geld, geld ook vir vrouens. Hulle kon dieselfde bewustheid aangewakker het op ‘n beskaafde manier met netjiese pers oefenbroekies of sportbroekies, maar nee, alles moet in vandag se lewe met morele verval geassosieer word. Julle kan my maar hieroor aanvat. Ek weet net dat ek sal baklei vir so ‘n sensitiewe saak, omdat ek self al ses-en-‘n-half jaar steier onder die groot “K”. Dit lyk of hulle die onderbroeke by ‘n mans boetiek genaamd “Knop Shop” gekoop het.

En dan wil ek weet: Wanneer gaan verlede jaar se ouditverslag, soos aan my gestel in die Zoutpansberger, verskyn sodat ons mense kan weet waarheen al die geld gaan met die Relays?

Ek wil ook weet: Al die hare wat afgeskeer word vir pruike vir kankerlyers wat chemoterapie ontvang en wie se hare uitval, hoekom moet ons dit ten duurste aankoop? Hoekom leen hulle dit nie vir ons nie, want so word daar op mense se gevoelens gespeel en niks is daarvan waar nie.
Net nuuskierig ...

- Tokkie Engelbrecht (Louis Trichardt)

Letters - Date: 26 February 2015

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Email:

ADVERTISEMENT: