ADVERTISEMENT:

 

Dankie vir hulp met ambulans-projek

 

Ek het nie genoeg woorde om my opregte waardering aan elke persoon en besigheid wat by die herstel en oordoen van die ambulans betrokke was, te bedank nie.

Dit is met trane van blydskap en ‘n borrelende vreugdeshart wat ek my dank teenoor Riaan Engel­brecht, wat die inisiatief vir die projek geneem het, wil uitspreek. Jy is ‘n voorstander in die gemeenskap en jou hande staan vir niks verkeerd om ander mense te help nie.

Aan elke Dorpswaglid wat tot die projek bygedra het, wil ek dankie sê. Nie net verseker julle die veiligheid van die dorp se inwoners nie, maar julle harte is oop om op ander maniere ook tot die gemeenskap by te dra.

Daar is verskeie besighede wat ook nie geskroom het om te help toe hulle genader is nie. In die huidige ekonomiese omstandighede wat veroorsaak dat almal hul beursies toehou, het julle nie twee keer gedink om die onkoste aan te gaan nie.

My bydrae tot die gemeenskap is klein, maar dit was nog altyd ‘n voorreg om vir elke individu, skool, sportklub of Louis Trichardt inwoner van diens te wees.
Weereens dankie aan elke persoon wat by die projek betrokke was.

- Maud Myburgh (Louis Trichardt)

Letters - Date: 21 May 2015

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Email:

ADVERTISEMENT: