ADVERTISEMENT:

 

Wat moet die kunstenaars dink van Louis Trichardt-inwoners se apatie?

 

Ek is ‘n erg teleurgestelde inwoner van Louis Trichardt na die afgelope naweek se funksie by die rugbylapa deur die Uitreik-groep om te probeer fondse insamel vir behoeftige mense in ons gemeenskap.

Eerstens het ‘n groot aantal van die mense wat stalletjies bespreek het nie eers die moeite gedoen om op te daag vir die dag nie. Die uiters swak maniere en die bywo­ning van die gemeenskap was nog laagtepunte.

Die ingangsfooi was nie besonders baie nie, maar nogtans was daar geen belangstelling nie. Dieselfde geld vir die Cansa dae. Dit wil vir my voorkom dat, as die toegangsgelde hoog is, die mense dit beter bywoon.. Hulle dink seker as dit goedkoop is sal dit nie die moeite werd wees nie of die gemeenskap stel net nie belang om betrokke te raak by Uitreik-geleentheidhede nie.

Wat moet die kunstenaars wat die naweek die moeite gedoen het om sonder betaling op te tree en ons gemeenskap te ondersteun, van ons dink? Hulle doen die moeite om van ver te kom en ons kan nie eers die moeite doen om uit ons huise te kom vir ‘n goeie doel nie.

- Teleurgesteld

Letters - Date: 28 May 2015

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Email:

ADVERTISEMENT: