ADVERTISEMENT:

 

Die twee verdates, Norman Raluswinga (regs) en Tumelo Naledzani Matsipi (links agter), afgeneem tydens hul arrestasie verlede week. 

Twee verdagtes word ook met moord verbind

 

Die twee vermeende motorkapers wat verlede week net buite Makhado (Louis Trichardt) aangekeer is, word ook van die moord op ‘n polisieman verdink.

Verlede week het die Zoutpansberger berig oor die spanpoging tussen die plaaswag, dorpswag en die plaaslike polisie om die twee verdagtes aan te keer. Die twee mans het glo mnr. Inyat Abdul Patel (42) van die dorp gekaap langs die Witvlag-pad. Albei is aangekeer op die Levubu-pad toe hulle Patel se bakkie langs die pad gelos het en in ‘n minibus geklim het.

Norman Raluswinga (30) en Tumelo Naledzani Matsipi (32) het verlede Donderdag in die Louis Trichardt Distrikshof verskyn op klagte wat verband hou met die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie, asook gewapende roof.

Die Mphephu polisie het hierdie week bevestig dat hulle nog op soek is na ‘n derde verdagte, wat glo saam met Raluswinga en Matsipi gewerk het. Volgens polisiebronne kan die drie mans glo verbind word met ‘n string ander gewelddadige misdade wat vanaf 5 tot 7 September in die Nzhelele-area gepleeg is.

Die polisie het ook bevestig dat hulle tydens Raluswinga en Matsipi se arrestasie beslag gelê het op ‘n vuurwapen wat hulle glo tydens Patel se kaping gebruik het. Daar word vermoed dat dié vuurwapen by ‘n sekuriteitswag gesteel is en gebruik is om A/O Joseph Netshitulame van die Makhado SAPD dood te skiet.  

Netshitulame is op Sondag, 7 September, in die maag geskiet deur drie verdagtes wat sy kroeg probeer beroof het, terwyl hy besig was om toe te sluit. Hy het ‘n dag later in die hospitaal aan sy wond beswyk.

Na hulle vlugtige hofverskyning is Raluswinga en Matsipi se saak uitgestel tot 18 September (vandag) vir ‘n formele borgaansoek. Die polisie het reeds aangedui dat hulle die aansoek sal teenstaan.

Intussen het die woordvoerder van die Makhado Munisipaliteit bevestig dat Matsipi nie ‘n werknemer van die munisipaliteit is nie. Matsipi het, ten tye van sy arrestasie, ‘n munisipale oorpakbaadjie aangehad. 

News - Date: 18 September 2014

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: