ADVERTISEMENT:

 

'n Kleuterskool in Gondeni spog met 'n vrolike muur vol skilderkuns, nadat  Shammah Bedieninge aan 'n uitreik-aksie saam met Missions Aviation Fellowship(MAF) daar deelgeneem het. Saam met hulle is lede van die gemeenskap, wat ook kom help het. Foto verskaf.

Uitreik bring kleur en hoop in jong hartjies

 

‘n Kleuterskool in Gondeni spog met 'n vrolike muur vol skilderkuns, nadat Shammah Bedieninge aan ‘n uitreik-aksie daar deelgeneem het.

Gondeni is 120 km van Makhado (Louis Trichardt) en noord van Thohoyandou geleë. Een kleuterskool daar is aanvanklik in ‘n klein hut gehuisves. Shammah het saam met die Missions Aviation Fellowship (MAF) betrokke geraak by die gemeenskapsuitreik. MAF het ‘n nuwe struktuur vir die kleuterskool gebou en die dak opgesit, waarna ‘n span van Shammah Bedieninge, onder leiding van past. Francois Strydom, met die verfwerk begin het. Marinda Strydom het die sketse gemaak en dit het so lekker gelyk om die kleurvolle skilderwerk op die mure te doen, dat die plaaslike gemeenskap kom vra het of hulle ook kan help verf.  

Die bedrywigheid op 30 Augustus het nie net verfwerk ingesluit nie, maar Shammah se kinderbedieningspan het ook kreatiewe programme en vermaak vir die kinders aangebied. “Die hoofman het na ons gekom en in ‘n persoonlike gesprek sy waardering uitgespreek dat daar beter geleenthede vir die kinders geskep word,” het Strydom gesê.

Limpopo is een van die provinsies met ‘n baie hoë kleuterbevolking. Die kinderbevolking in die ouderdomsgroep 0 tot 4 jaar in die land is in ‘n dokument van UNICEF (die Verenigde Nasies se Kinderfonds) aangegee as 4.5m en daarin word genoem dat die nul- tot vierjariges bykans 10% van die land se bevolking uitmaak. “Daar is derhalwe ‘n groot fokus in Suid-Afrika om veral kleuterskole in die plattelandse gebiede daar te stel,” het Strydom gesê.

Die uitreikgroep het egter nie uitsluitlik op die kinders gekonsentreer nie. Hulle het ook, onder leiding van Henk Fernandes, Shammah se sendingaksieleier, van huis tot huis evangelisasie gedoen waar mense met die evangelie bedien is en vir siekes gebid is. “Ons missie is om die teenwoordigheid van die Here na die gemeenskap te bring. Ons het die geleentheid gesien om, saam met MAF, die Here se teenwoordigheid  buite die kerkmure te neem en ‘n verskil in mense se lewens te maak,” het Strydom gesê.

News - Date: 02 October 2014

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

Email:

ADVERTISEMENT: