ADVERTISEMENT:

 

Louis Trichardt bly Louis Trichardt!

 

Die Minister van Kuns en Kultuur (eerste respondent), die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Geografiese Nameraad (tweede respondent) en die Makhado Munisipaliteit (derde respondent) het die stryd om Louis Trichardt se naam na Makhado te verander, Donderdagoggend (30 Oktober), in die Pretoriase Hooggeregshof gewonne gegee.

Die naam Louis Trichardt is in die Staatskoerant van 14 Oktober 2011 (Staatskoerant 34670, Kennisgewing 851) as Makhado gepubliseer. Ná aanleiding hiervan het die Voorsittersvereniging (VV) ‘n hersieningsaansoek gebring om dié publikasie tersyde te stel. Ná maande se gespook om dokumentasie uit die respondente te kry oor die Minister van Kuns en Kultuur se besluit om die naam te verander, het die VV ‘n aansoek gebring om die drie respondente te verplig om op 30 Oktober 2014 die nodige dokumentasie te verskaf.

“Ons het hulle verplig om die dokumentasie beskikbaar te stel waarvolgens die Minister se besluit geneem het om die naam te verander. Hulle kon dit nie beskikbaar stel nie. Hulle het geweet ons gaan die bevel kry en het besluit om die handdoek in te gooi. Hulle het besef hulle kan nie met die saak voortgaan nie, want hulle het nie die dokumentasie gehad waarop die minister se besluit gebaseer was nie,” het mnr. André Naudé van die VV gesê.

Die drie respondente het by wyse van ‘n ooreenkoms die handdoek ingegooi en die publikasie van die naam Makhado in die Staatskoerant is deur regter Da Silva tersyde gestel. Die drie respondente het ook aangebied om al die verspilde koste van die applikante (VV) te betaal. Dit is ook deel gemaak van die hofbevel.

Lees volledige storie in volgende week se koerant.

News - Date: 30 October 2014

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: