ADVERTISEMENT:

 

Leerling het nie dwelms gebruik nie

 

Een van die 15 leerlinge wat vroeër vanjaar by Hoërskool Louis Trichardt tydens ‘n klopjag gevang en aangekla is van die gebruik van dwelms, is onskuldig bevind.

Alhoewel die leerling meerderjarig is, is daar besluit om sy identiteit te weerhou omdat hy nog op skool is. Hierdie seun is op 25 Julie, tesame met 14 van sy mede-skoliere, aangekla nadat hulle positief getoets het vir dwelms.

Tydens die klopjag is leerlinge gevra om ‘n urine toets te ondergaan. Leerlinge wie positief getoets het vir verbode middels moes ook ‘n bloedmonster gee. In terme van ‘n ooreenkoms tussen die skool, die polisie en die nasionale vervolgingsgesag, is dié toets nie teen die leerlinge gebruik nie. Daar is besluit dat leerlinge ‘n afwentelingsprogram moes voltooi, waarna hulle nie ‘n permanente kriminele rekord sou hê nie.

Die 18-jarige leerling het nie van hierdie aanbod gebruik gemaak nie, en het sy saak op verhoor geneem. Ná sy bloedtoets terug ontvang is van die polisie se laboratorium, is die saak teen hom teruggetrek.

Die leerling het verlede Vrydag in die Louis Trichardt Distrikshof verskyn. Sy toets het gewys hy het positief getoets vir kodeïen, en negatief vir asetielmorfien (heroïen). Die seun het ‘n doktersbrief as bewys gegee dat hy ten tye van sy toets medisyne gebruik het wat kodeïen bevat het.

News - Date: 31 October 2014

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: