ADVERTISEMENT:

 

Brighton Chauke tydens sy hofverskyning Maandag in die Louis Trichardt Streekhof.

Chauke sê hy het nie verstaan nie

 

Die “ek-is-geslaan-tot-ek-ingegee-het” verskoning van verhoorafwagtendes is al holrug gery.

Dit is seker hoekom die 33-jarige veroordeelde moordenaar, Brighton Chauke, besluit het op ‘n ander benadering. Hy het Maandag (27ste) in die Louis Trichardt Streekshof, by monde van sy regsverteenwoordiger, beweer sy polisieverklaring was nie in sy moedertaal afgelê nie. Chauke se argument is dat hy nie Venda of Engels magtig is nie, maar dat hy nog steeds gedwing is om ‘n verklaring te teken wat vanuit Venda in Engels vertaal is.

“My kliënt sê hy is nie een van dié tale magtig nie - net Shona. Daar is ‘n verklaring voor hom neergesit, en hy is deur die polisie beveel om dit te teken,” het die prokureur, mnr. Donald Tshimbiluni, gesê.

Die verklaring waarna verwys word, is die een waarin Chauke glo erken het dat hy en sy broer, Shorty Chauke (44), verantwoordelik was vir gewapende rowe in Makhado (Louis Trichardt) gedurende 2009. Brighton het glo saam met Shorty drie besighede in April 2009 beroof. Een roof was by die BP Vulstasie se kiosk en is vasgevang op hul sekuriteitskamera. Shorty dien alreeds sy gevangenisstraf uit, nadat hy skuldig bevind is op aldrie klagte.

Tshimbiluni het Maandag, tydens Brighton se hofverskyning, beweer dat die Makhado polisie nooit in ag geneem het dat hy net Shona magtig is. Hy het verder aangevoer dat die polisie in Venda met Brighton gepraat het, en al sy verklarings in Engels vertaal het, en hom daarvoor laat teken het sonder om dit wat geskryf is vir hom terug te lees.

Die polisieman wat die verklaring vertaal het, kapt. Sadiki, het getuig dat dit nie waar is nie en dat Brighton Venda goed magtig is. “Die verklaring is uit Venda vertaal en in Engels neergeskryf, maar dit is in Venda vir hom terugvertaal (met die teruglees), en hy het verstaan wat hy in sy verklaring gesê het,” het Sadiki getuig.

Die Staat het na hierdié getuies hul saak gesluit. Brighton het gebruik gemaak van sy swygreg en het nie verdere getuienis gebring nie. Sy prokureur en die Staat sal op 15 Desember die hof toespreek, waarna die landdros ‘n uitspraak sal lewer.

Tot met sy volgende verskyning sal Brighton in aanhouding bly. Hy staan ook tereg op ‘n verdere 15 aanklagte, wat insluit gewapende roof, huisbraak, poging tot moord en die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie. Brighton staan ook tereg op ‘n klag van poging tot moord en aanranding met die opset om ernstig te beseer in die Hooggeregshof.

Brighton het ná hy in 2010 uit polisie-aanhouding ontsnap het, ‘n jaar lank ‘n misdaad-skrikbewind in die Levubu-omgewing gevoer. Gedurende hierdie tyd het hy na bewering vir mnre. Jan Louw en Ferdie Landman aangeval op die plaas Nooitgedacth. Hy word ook verdink van die moord op mnrEric Neshunzhi, wat op die plaas Goedehoop doodgeskiet is. Benewens hierdie sake, word hy ook verbind met talle huisbrake in Levubu. Brighton het vroeër vanjaar op dié klagte verskyn, maar sy saak is tot en met Februarie 2015 uitgestel, omdat hy nie tevrede was met sy regshulp-prokureur nie. Hy het aansoek gedoen het vir 'n ander een.

 

News - Date: 31 October 2014

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: