ADVERTISEMENT:

 

Wyle Tinus Oosthuyze (27). Foto verskaf.

Skielike dood skok

 

Die nuus van die skielike dood van die 27-jarige mnr. Tinus Oosthuyze van Louis Trichardt het as 'n groot skok gekom vir sy familie en vriende.

Tinus het klaarblyklik verlede Woensdagaand selfmoord gepleeg. Die Makhado Polisie ondersoek die voorval, maar vermoed in hierdie stadium geen gemene spel nie.

Tinus, wat op sewejarige ouderdom saam met sy pa Inus en ma Carol van George na Louis Trichardt verhuis het, het hier sy skoolloopbaan voltooi. Op skool, het Tinus se skoonsuster Alet vandeesweek gesê, het hy veral uitgeblink in rugby. Ná skool het Tinus vir ‘n ruk in Engeland gaan werk, waarna hy teruggekeer het na sy tuisdorp en sy eie besigheid gehad het. Meer onlangs het Tinus in Saudi Arabië ook gewerk.

Tinus was veral lief vir motorfietse en, sê Alet, ‘n baie talentvolle vierwiel-motorfietsryer. “Hy het baie kompetisies gewen en was ‘n goeie motorfietsryer.”

Tinus word oorleef deur sy ouers, ouer broer Martin en tweelingsuster Chantelle. Hy is Donderdag, 13 November, vanuit die NG Kerk Louis Trichardt-gemeente begrawe.

Die familie het al die dokters van die Prognos Mediese Sentrum, Werner en Natasja Boshoff, Trema van Rooyen en Tiana Engelbrecht bedank wat hul bygestaan het tydens Tinus se afsterwe.

News - Date: 13 November 2014

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: