ADVERTISEMENT:

 

Wyle Francois Breytenbach (27) en sy verloofde Nichole Southward. Die paartjie sou begin Januarie volgende jaar in die huwelik bevestig word. Foto: Francoise V Fine Art Photography

Verloofde sterf in ongeluk

 

Die Soutpansberg treur hierdie week saam met die Breytenbach-familie van Louis Trichardt met die nuus van hul seun Francois (27) se skielike dood.

Francois is die jongste seun van Johan en Johanna Breytenbach wat net buite die dorp op die Witvlag-pad boer. Hul seun is Saterdagmiddag (22ste) omstreek 16:00 op slag dood in ‘n ongeluk reg voor die polisiestasie op Gordonsbaai, nadat sy motorfiets met ‘n bakkie gebots het. Die omstandighede wat gelei het tot die noodlottige botsing was teen druktyd nog onbekend.

Francois was by die Suid-Afrikaanse Vloot by Simonstad gestasioneer. Sy dood het as dubbele terugslag vir die familie gekom, aangesien hy begin Januarie met sy verloofde, Nichole Southward, in die huwelik sou tree. Francois sowel as Nichole is oud-leerlinge van Hoërskool Louis Trichardt, met die paartjie wat mekaar reeds in Graad 10 ontmoet het.

‘n Roudiens met volle militêre eerbewys is Donderdag, 27 November, vir wyle Francois in Goodwood gehou. ‘n Tweede roudiens vir hom vind Maandag, 1 Desember, om 13:00 vanuit die NG Kerk Soutpansberg op Louis Trichardt plaas. Die diens sal waargeneem word deur ds. Rudolph Botha.

Wyle Francois word oorleef deur sy ouers, ouboet Johan, suster Yolandi en verloofde Nichole.

News - Date: 28 November 2014

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: