ADVERTISEMENT:

 

Ds. Rudolph Botha met die dooi mamba van by die twee meter. Hy was net-net te laat om die mamba lewendig te vang.

Mamba sorg vir groot skrik

 

Dis nie iets waarop enigiemand wil afkom nie - ‘n ellelange swartmamba in jou sitkamer.

Dié onwelkome besoeker het verlede Donderdag sy opwagting gemaak in mev. Pat Menné se huis in Barnardstraat, Louis Trichardt. Haar huisbediende was die eerste om van aangesig tot aangesig kennis te maak met die slang.

Sy was besig om die sitkamer uit te vee en het die gordyn weggeskuif, toe die slang sy kop lig...

Dit is die laaste wat die bediende onthou voor sy flou geval het van die skrik. Gelukkig vir haar het die slang onder ‘n kas ingeseil en daar gebly. Sy het vir Pat gebel om dadelik huis toe te kom en te help.

Die mamba, van byna twee meter, is die ewigheid ingehelp deur vriende van Pat wat hom kom skiet het, voordat hy iemand dalk kon pik. “Hulle het vir my gesê jy mors nie met ‘n mamba nie,” het Pat gesê.

Al is ‘n swartmamba se neurotoksiese gif dodelik (sonder die regte behandeling kan ‘n persoon binne 20 minute sterf), het ds. Rudolph Botha van die NG Kerk Soutpansberg-gemeente gesê dit is onnodig om hulle van kant te maak. Hy was net-net te laat om die slang lewendig te vang, en veilig weer in die veld vry te laat.

Pat het na afloop van die hele petalje vir Hannes en Henk Davel, Ronnie Levine, Rudolph en Lawrence Khodobo en Patric van die plaaslike Dierebeskermingsvereniging bedank vir hul bystand en ondersteuning.

 

News - Date: 11 December 2014

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: