ADVERTISEMENT:

 

Lede van die Makhado Polisie, besig om verklarings af te neem van die gesin in Eltivillas wat Maandagaand die jongste slagoffers van misdaad geword het.

Vlaag van misdaad duur steeds voort

 

Inwoners van Louis Trichardt word gemaan om hul persoonlike veiligheid ter harte te neem hierdie Desember en sodoende nie deel te word van die vakansie se misdaadstatistiek nie.

Diefstalle en rowe is sedert die begin van die Kersseisoen erg aan die toeneem, van veediefstal, winkel- en huisbraak tot gewapende roof.

Die Makhado Polisie ondersoek ‘n saak van poging tot moord, nadat twee mans tussen die ouderdomme van 51 en 61 verlede Donderdag aangeval en gewond is. Plaaslike polisiewoordvoerder konst. Irene Radzilane het vandeesweek bevestig dat een verdagte, gewapen met ‘n pistool, die twee slagoffers wou beroof by hul winkel in Industriastraat. Die verdagte het weggekom, maar nie voordat hy albei sy slagoffers gewond het nie - een in die been en die ander in die hand. Hulle name word weerhou vir hul veiligheid.

Maandagaand het ‘n Indiër-gesin van Eltivillas die jongste slagoffers geword toe drie gewapende mans op hulle toegeslaan en hulle bakkie reg voor hulle huis gekaap het. Geen skote is afgevuur nie en die bakkie is later, nie ver van die huisaf nie, gekry waar die rowers dit gelos het. Die rowers het verder te voet gevlug met geld en selfone wat hulle in die bakkie gekry het.

Radzilane het bevestig dat daar nog geen arrestasies gemaak is in beide voorvalle nie.

Die onlangse toename in misdaad het die Makhado Polisie genoop om reeds in November met teen-misdaad operasies te begin. Verder verneem die koerant dat daar ekstra veiligheidmaatreëls in plek is vir die res van Desember en dat die Makhado polisie op ‘n hoë sigbaarheids- en gereedheidsvlak is.

 

News - Date: 18 December 2014

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: