ADVERTISEMENT:

 

Die verhoor van Dr. Philip Venter, voormalige dominee van die NG Kerk Soutpansberg-gemeente, het Maandag begin, nadat sy vertoë aan die Direkteur van Openbare Vervolging om alle klagte teen hom terug te trek, misluk het.

Saak teen leraar word weereens uitgestel

 

Daar is steeds geen einde in sig in die hofsaak teen ‘n leraar van Louis Trichardt nie, nadat sy saak verlede week vir die soveelste keer uitgestel is.

Philip Arnoldus Venter (58), die voormalige leraar van die NG Kerk Soutpansberg-gemeente, het weer op 15 Januarie hier in die Distrikshof verskyn. Hy word daarvan aangekla dat hy gedurende April 2006, onder valse voorwendsels, besit geneem het van drie van me. Cecile Steyn se vuurwapens. Venter sou haar glo onder die indruk gebring het dat hy ‘n geregistreerde wapenhandelaar is en dat hy die nodige magtiging gehad het om die wapens in sy besit te neem. Die wapens het intussen vermis geraak.

Daar is reeds vroeër in die saak getuig dat Venter op 6 Februarie 2010 skriftelik aan Steyn sou erken het dat hy nog haar wapens in sy besit het. Venter se weergawe is dat hy glo die wapens aan sy oorlede vriend, mnr. Tewie Wessels, gegee het om te deaktiveer gedurende 2009.  

Tydens Venter se laaste hofverskyning, in November verlede jaar, het lt.kol. Bez Bezuidenhout klaar getuig vir die Staat. Sy getuienis het aan die lig gebring dat Venter nooit as ‘n wapenhandelaar geregistreer was, of enige bevoegdheid of magtiging gehad het om Steyn se wapens in sy besit te hê of dit te hanteer nie.

Uit Bezuidenhout se getuienis het Venter se advokaat, mnr. Neil Duvenhage, probeer om nie net vir Bezuidenhout nie, maar ook die hele Makhado polisiekantoor te diskrediteer. Duvenhage het ook ‘n aansoek gebring dat Venter se saak uit die hof gegooi moet word. Hierdie aansoek is egter deur die hof van die hand gewys, en Duvenhage sou na verwagting verlede week getuies geroep het om Venter se kant van die saak te stel.

Weens ‘n oorvol hofrol kon die Staat egter nie verlede week aangaan met die saak nie en moes ‘n ander datum gereël word. Venter sal weer op 12 en 13 Februarie in die hof moet verskyn.

 

News - Date: 22 January 2015

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: