ADVERTISEMENT:

 

Is dit hoe mens deesdae moet huis skoonmaak in Louis Trichardt? Met die toename in slange wat die afgelope tyd in ons dorp voorgekom het, laat dit mens wonder. Dit is egter nie wys om 'n slang te skiet nie, maar om, so ver moontlik, iemand te kry wat die slang kan vang en elders vrylaat. (Foto ter illustrasie. Model: Mollie Henning. Foto geneem deur Maya-Lee Photography).

Vanwaar al die slange?

 

Die slang, of slange dan, is lankal nie meer net in die gras nie, maar eerder in die strate.

In die afgelope week het Louis Trichardt se burgers vinnig geleer om plan te sien met die nuwe intrekkers (vir sommige onwelkom) in die dorp. Op die koop toe was almal mambas van rondom twee meter.

Eers was dit Laat Lente en Herfsakker se inwoners wat verlede Woensdag moes bontstaan. Hulle het uiteindelik die mamba van oor die 2 m van kant gemaak.

Sondag se mamba, wat in Proteastraat gekry is, was gelukkiger. Andel Greyling het die Soutpansberg Dorpswag gebel om te help en dit was Barend Lombard wat die slang toe lewendig gevang het. Die wyfie slang was 2.2 m lank en is ver weg weer in die natuur vrygelaat.

Dinsdagaand is die dorpswag weer gevra om ondersoek in te stel na ‘n kabaal voor Salon André op die hoek van Ruh- en Kroghstraat. ‘n Skare mense, wat met ‘n bus daar gestop het, was om nog ‘n mamba saamgedrom. Die mamba se kop is vermorsel, en dit is nie seker waar die mamba vandaan gekom het en of dit dalk saam met die bus gery het nie.  

Al dié voorvalle het inwoners aan die gis. Sommige meen dit is ‘n teken van groot reën wat kom, terwyl ander meen die slange is net agter kos aan. Hoe dit ook al sy, ‘n mens sal moet wyd kyk tot dit weer winter is.

 

News - Date: 30 January 2015

Recent Articles

Search for a story:

 

Dinsdagaand het lede van die Soutpansberg dorpswag op die ellelange mamba afgekom voor Salon André in Krogstraat. Van links na regs is Riaan Engelbrecht en Anton Peyper. 

Barend Lombard met die slang wat hy in Proteastraat gevang het. Foto verskaf.

 

ADVERTISEMENT

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: