ADVERTISEMENT:

 

Wyle Wickus Nel (31). Foto verskaf.

Polisie vermoed geen gemene spel ná dood

 

Die Makhado polisie ondersoek ‘n voorval waarin ‘n jongman van Louis Trichardt klaarblyklik sy eie lewe geneem het.

Plaaslike polisiewoordvoerder konst. Irene Radzilane het bevestig dat die polisie nie in hierdie stadium enige gemene spel vermoed nie en ‘n geregtelike doodsondersoek dossier geopen het.

Die 31-jarige mnr. Wickus Nel se liggaam is Maandag omstreeks 07:00 ontdek in ‘n rooi Toyota dubbelkajuit bakkie. Die bakkie was geparkeer by die bouterrein van sy werkgewer, mnr. Rampie Gilfillan, langs die dorp se krieketveld. Volgens die polisie wil dit lyk of Nel homself vergas het.

Nel is deur noodhulpwerkers op die toneel as dood verklaar. Dit is nie duidelik of hy ‘n brief agtergelaat het nie. Hy het wel Vrydag (26ste) ‘n inskrywing op sy Facebook-blad gelos wat net een woord bevat het: "jammer..."

Teen druktyd kon begrafnisreëlings nog nie deur die familie bevestig word nie.

News - Date: 06 July 2015

Recent Articles

Search for a story:

 

Lede van die plaaslike polisie ondersoek die toneel waar mnr. Wickus Nel se liggaam Maandagoggend gevind is. Op die voorgrond is mnr. Jack Ramalotso van die Makado Brandweerstasie en konst. Irene Radzilane, woordvoerder van die plaaslike polisie. 

 

ADVERTISEMENT

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: