ADVERTISEMENT:

 

Wyle John Kuhne (17). Foto: Facebook.

Week van trane

 

Vir die tweede keer in twee weke is inwoners van die Soutpansberg tot in hul fondamente geruk met die nuus van die dood van nog een van die streek se jong mense.

Nuus van die 17-jarige John Kuhne van Louis Trichardt se ontydige afsterwe het Dinsdagoggend vir groot hartseer en trane gesorg. Dit volg skaars meer as 'n week na die dood van die Van der Walt boeties, Coetzee (6) en Stiaan (17) van Musina, in ‘n motorongeluk op die Venetiamyn-pad.

John is omstreek 22:00 Maandagaand ernstig beseer in ‘n ongeluk op die plaas Palmietfontein net buite Louis Trichardt. Hy het agterop ‘n vierwielmotorfiets gesit wat deur een van sy vriende bestuur is. Nog twee van sy vriende het agter hulle in ‘n bakkie gery. Al vier is boesemvriende vanaf hulle laerskooldae.

In ‘n stadium het die vierwielmotorfiets oor ‘n hobbel gery en John het afgeval. Soos die noodlot dit wou hê, het sy maats in die bakkie nie gesien wat gebeur het nie en bo-oor hom gery.

‘n Bewustelose John is deur sy drie vriende na die plaashuis gehaas en toe deurgejaag na die Zoutpansberg Privaathospitaal, waar hy opgeneem is met ernstige bors- en kopbeserings. Hier het dokters hom probeer stabiliseer om hom oor te plaas na Pretoria. Hy het egter nooit sy bewussyn herwin nie en is omstreeks 01:00 in die hospitaal oorlede.

“Hy is voor my dood in die hospitaal … ek het nog aan hom geraak, toe gaan die masjiene net af … sy beserings was net te veel … die dokters het gesê daar is niks meer wat hulle kan doen nie…” het ‘n uiters bewoë pa Michael Dinsdag aan die Zoutpansberger gesê. Hy het dapper probeer om die trane terug te hou, maar was stukkend van hartseer.

“Hy was ‘n wonderlike kind gewees … hy het goeie maniere gehad … altyd behulpsaam, op sy plek en het nooit moeilikheid gemaak nie…” het Michael gesê.

Nuus van John, ‘n Graad 11-leerling van Hoërskool Louis Trichardt, se dood het ‘n vloedgolf van huldeblyke en medelye op die sosiale media ontketen. Dit was ‘n pragtige getuienis van hierdie jong seun se innemende geaardheid en nederigheid wat oor alle kleurgrense en kulture gestrek het. Van die baie inskrywings op sy Facebook-blad Dinsdag het gelees:

“… ek gaan jou so so baie mis my vriend... jy was sulke goeie vriend rerig en sulke ordentelike mens... ek wou nie geglo het wat ek gehoor het nie omdat dit so onwerklik gevoel het... maar ek besef dis nou werklikheid... weet asb dat jy in my gedagtes is my vriend en dat ek vrek lief is vir jou... ons almal gan jou so baie mis... jy kon enige slegte situasie omvou in n goeie een in.. jou persoonlik het almal se aandag getrek... jiss my maat dit voel rerig nie soos n werklikheid nie ek wil net hê jy moet terug kom... maar ek weet jys nou by Jesus en hy kyk baie mooi na jou... gaan jou rerig mis. Lief vir jou my maiQ,”- Willem Martin

When i heard about what happened it was like my heart just shattered to pieces, we were just getting to know each other and it breaks my heart to know that your time was now and we never got anymore time to know each other, you were one of the kindest people ever and i just dont have enough words to describe you because you just touched too many hearts including mine, you are awesome and may your soul rest in the most peaceful of places...you were gone too soon and you will forever live in my heart my red stranger …”- Matamela Maboyi.

“My hart is in stukke vanoggend toe ek wakker word en moet hoor wat gebeur het.. maar so moet ons Goodbye sê aan 'n goeie vriend, 'n boetie, 'n seun, 'n hero vir baie... hoekom nou? Hoekom so vroeg.. die lewe is vol vrae met geen antwoorde, maar al wat ek wil sê is Dankie dat ek jou vriend kon wees.. dankie dat jy altyd n manier gehad het om mense te maak smile. Dis moeilik om jou te sien gaan viral dat ons almal al n vêr paadjie saam geloop het, jy was die vlam in almal se lewe en 'n goeie vriend ook... ek gaan jou baie mis my maat en sal jou eendag weer sien. R.I.P my rooikop vriend,” – Veruscka van der Linde.

“Liewe John... Woorde sal nie kan beskryf watse hartseer ons almal vandag voel nie, maar elke traan wat val vertel 'n duisend stories. Vandag wil ek vir JOU dankie sê vir die tydjie wat jy saam ons gedeel het, en die memories wat ons gemaak het wat nie een van ons ooit sal vergeet nie... Jy beteken soveel vir ons en jy sal vir altyd so baie beteken! Ek't nooit gedink ek gaan so vroeg al vir een van my beste vriende moet totsiens sê nie, ek't altyd verwag jy gaan die oudste van ons almal word.. 
JOHN... Hoe moet mens totsiens sê vir so 'n wonderlike mens en AWESOME vriend... Mens kan net nie. Die lewe is onregverdig en onvoorspelbaar.. Ai, John jy't jou plekkie in ons almal se harte al van die begin van tyd af so diep gegrawe dat niemand jou ooit uit ons harte uit kan haal nie.. JOHN .. ONS HET JOU LIEF! Ek gaan nie totsiens sê nie ek gaan net sê: It's been a long day without you my friend, and I'll tell you all about it when I see you again!" – Stephanie Scheepers.

Daar was ook boodskappe van vertroosting vir die drie seuns wat betrokke was by John se ongeluk. Volgens Michael voel hulle baie, baie sleg en hartseer oor wat gebeur het en sukkel hulle maar ook om die gebeure te verwerk. “Dit was ‘n fratsongeluk … dit is niemand se skuld nie…” het Michael gesê.

‘n Roudiens word Vrydag, 3 Julie, om 14:00 vanuit die NG Kerk Soutpansberg vir John gehou. Hy word oorleef deur pa Michael, ma Karin en suster Suné (18). Die familie het hul dank uitgespreek teenoor almal wat John bygestaan het na die ongeluk, met spesiale dank aan drs. Stroebel en Gaigher, asook die personeel van die Zoutpansberg Privaathospitaal.

Intussen het provinsiale polisiewoordvoerder kol. Ronel Otto Dinsdag bevestig dat ‘n saak van strafbare manslag geopen is en deur die polisie ondersoek word.

News - Date: 06 July 2015

Recent Articles

Search for a story:

 

Die jong John Kuhne was ‘n kranige sportman wat in talle sportsoorte
uitgeblink het.

 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: