ADVERTISEMENT:

 

Generiese foto

Inwoners gemaan om veiligheid op te skerp

 

Met die landswye misdaadsyfers wat Dinsdag bekend gemaak is, is dit nie vreemd dat al hoe meer Suid-Afrikaners sê hulle voel deurlopend al hoe meer onveilig nie, self in hul eie huise.

‘n Sprekende voorbeeld van juis hoe onveilig wetgehoorsame burgers se lewens geword het, was die gewelddadige bankroof by Absa Bank in Louis Trichardt se sentrale sakegebied Dinsdagoggend. 'n Kliënt is in die roof gewond. Die rowers het wild geskiet en dit was net ‘n wonderwerk dat meer inwoners nie gewond of self doodgeskiet is nie. Twee inwoners se voertuie is wel tydens die skietery raakgeskiet. Dié roof is voorafgegaan deur ‘n vlaag ander geweldmisdade, soos die gewapende roof by die Adam's Apple Hotel op 15 September, asook twee moorde op 12 September.

Met bogenoemde in gedagte, het mnr. Dirk Meissenheimer (voorsitter van die Sektor Misdaadforum) inwoners versoek om meer erns te maak met hul persoonlike veiligheid. Hy het ‘n paar basiese wenke gegee waarvolgens inwoners kan toesien dat hulle bietjie rustiger kan slaap deur bloot ja of nee daarop te antwoord:

* Is u huis se diefwering en veiligheidshekke nog voldoende?

* Werk die alarmstelsel en die sekerheidsligte nog?

* Sal die veiligheidsheining nog ongewenste toegang verhoed?

* Doen die waghonde nog hul werk?

* Is alternatiewe metodes van kommunikasie, bo en behalwe die telefoon (bv. kontak met buurman of polisie), beskikbaar?

* Pas u gesin die veiligheidsmaatreëls toe en oefen hulle nog die gebeurlikheidsplan?

* Is u werknemers ingelig om u te kan help of om hulp te soek indien u aangeval word?

* Word die verskillende metodes om te verseker dat u nie aangeval word as u van die kerk of iewers af kom nie, nog toegepas?

* Weet elke persoon in die huishouding wat gedoen moet word indien daar ‘n aanval sou plaasvind?

* Is u veiligheidshekke deurgaans toe en gesluit?

* Is u bedag op aanvalle wanneer u u ingangshekke oopmaak?

* Kan u vinnig by u wapens uitkom en kan u dit reg hanteer?

* Kan u gesin u bystaan indien u aangeval word, en is u gesin enigsins voorberei om ‘n aanval teen te staan?

* Is u kennis van noodhulp en die mediese tas op standaard?

* Sal u agterkom as u telefoondrade geknip is?

* Weet die bure wanneer u lank weg gaan wees, sodat hulle ‘n ogie oor u gesin en eiendom kan hou?

* Tree u en u bure gereeld met mekaar in verbinding om vas te stel of julle veilig is, bv. wanneer u by die huis aankom van êrens?

* Is daar beheer oor die sleutels van u huis en voertuie en word hulle veilig geberg?

* Is u bedag op vreemde persone in en om u huis/erf?

* Is die tuin so uitgelê dat dit nie u veiligheid belemmer nie?

* Benader u vreemdelinge, wat moontlik gewapen kan wees, versigtig genoeg?

* Het u ‘n plan van aksie om te verhoed dat u aangeval word deur vreemdelinge wat kom werk soek of iets kom verkoop?

* Ruil u nog voorstelle uit met die bure om u veiligheid op te skerp?

* Het u die jongste kontakbesonderhede van u bure of die polisie?

* Is alle noodnommers op ‘n plek aangebring wat maklik bekombaar is?

* Het u afskrifte van die ID-boekies en duimafdrukke van persone wat by u werk en soveel as moontlike ander inligting oor hulle?

News - Date: 01 October 2015

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: