ADVERTISEMENT:

 

Generic image

Inwoners raadop met erge muskietplaag

 

Hetsy by die kerk of langs die braaivleisvuur is daar een onderwerp op almal se lippe – waar kom al die muskiete vandaan?

Inwoners van Louis Trichardt gaan tans gebuk onder ‘n “plaag” van muskiete en mense staan bykans tou by die winkelrakke om muskietweerder aan te skaf. Op Facebook is daar ook talle inskrywings opgemerk van mense wat wil weet hoe hulle die muskiete in hul huise kan beheer. Die groot vraag by menige is egter of daar rede tot kommer is dat die muskietplaag sal lei tot ‘n uitbreek van malaria.

Volgens die plaaslike kantoor van die Departement van Gesondheid is daar egter tans geen rede tot paniek ten opsigte van malaria nie. Alhoewel daar tans baie muskiete is, is dit onwaarskynlik dat dit Anofeles muskiete (oftewel malariamuskiete) is. Die groot sondebok blyk die Culex of oorlas (nuisance) muskiet te wees. Die wyfie se byt (want dit is net wyfiemuskiete wat byt!) veroorsaak ‘n erge vel irritasie en in sekere gevalle kan die Culex se byt ook lei tot ‘n allergiese reaksie.

‘n Beter naam as die oorlas-muskiet is daar beslis nie vir hierdie vlieënde bloedsuier nie. Vra maar vir enige inwoner wat tans blikke en blikke muskietweerder weekliks uitspuit om die muskiete in hul huise onder beheer te kry.

Maar waar kom die muskiete skielik vandaan?

Die voorkoms van muskiete is direk gekoppel aan omgewingsbestuur. Dus, waar daar swak omgewingsbestuur is ten opsigte van die verwydering van vullis of riooldamme wat ontstaan weens rioollekke, is die omstandighede uiters gunstig vir muskiete om uit te broei. In Louis Trichardt se geval is goeie omgewingsbestuur juis ‘n probleem; koppel daaraan die huidige warm temperature en onlangse goeie reën, dan is die muskietplaag glad nie ‘n verassing nie. Die beste raad blyk te wees om maar gereeld die huis te spuit teen muskiete, muskietweerder op te smeer as daar na sononder buite beweeg word en om seker te maak daar is nie water vir die muskiete om in uit te broei nie. Gunstige broeiplekke vir muskiete sluit in water wat in potplant-pierings en ou motorbande opgaar. Interessant genoeg hetCulex muskiete minder as ‘n koppie water nodig om in hul honderde uit te broei.

Anders as die Culex muskiet, wat in hoofsaaklik stilstaande water en poele uitbroei, broei dieAnofeles muskiet slegs in lopende water soos riviere. Dit is ook waarom die streek se malariabeheerprogramme hoofsaaklik noord van die Soutpansberg plaasvind, vanweë die nabyheid van die Limpoporivier.

Mev. Sylvia du Plessis van die plaaslike malariabeheerkantoor in Louis Trichardt het inwoners uitgenooi om die kantoor te skakel met enige vrae wat hulle mag hê oor muskiete en malaria. Die kantoor kan geskakel word by tel. 015 516 3127.

News - Date: 02 October 2015

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: