ADVERTISEMENT:

 

SBBV

SBBV sluit jaar af, maar het baie planne vir nuwe jaar

 

Die Soutpansberg Belastingbetalersvereniging (SBBV) het wel hul jaar amptelik afgesluit, maar het terselfdertyd bekendgemaak dat hulle nog baie planne het vir die dorp.Lede het twee weke gelede ‘n bietjie meer gehoor van al die projekte wat nog in wording is. Die grootste projek is tans ‘n skoonmaakprojek om die dorp se strate skoon te hou.

Meer besonderhede sal later bekendgemaak word.

Deurlopend is die SBBV steeds volstoom aan die gang om hulle lede se munisipale rekeninge te administreer. Dit behels dat die SBBV se bestuur self ingeklim en gehelp het met rekeninge waar daar ‘n probleem was. Meer as ooit is dit dikwels rekeninge waar die elektrisiteit foutief gelees is en die rekening buitensporig hoog is.  

Lede kan ook kortpad vat, en lang tydrowende toue by die munisipaliteit vermy deur hul rekening direk by die SBBV in te betaal. Die SBBV vra ‘n klein administrasie fooi vir hierdie diens, en betaal self dan lede se rekeninge.

“Buite vir die moedelose mense wat ons bystaan, hou ons vol om druk toe te pas op die munisipaliteit rakende strate, riool, belastings, ensovoorts deur gereeld met die munisipaliteit daaroor in gesprek te tree,” het mnr. Phillip Olivier, SBBV se bestuurder, gesê.

Olivier het ook ‘n beroep gedoen op inwoners om in groter getalle aan te sluit. “Daar is hoop as almal saamstaan. Ons doen ‘n beroep op mense om by ons aan te sluit, en ons te help ‘n verskil maak,” het Olivier gesê.

Die vereniging kan geskakel word by tel. 082 679 8324 of 071 657 3415. Alternatiewelik kan ‘n e-pos na Olivier gestuur word by [email protected]

 

News - Date: 26 November 2015

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: