ADVERTISEMENT:

 

Afgeneem tydens die oorhandiging van al die geld wat Laerskool Louis Trichardt vir die Soutpansberg Dorpswag ingesamel het is, van links na regs, mnr. Louis Linde (skoolhoof), Heidi Swanepoel, Jackie Kruger, mnr. Anton Peyper (dorpswag), Franco Knoetze, Dominique Nel en mev. Christine Venter. Foto verskaf.

UitMUNTende poging deur Triegie-leerlinge

 

Leerlinge van Laerskool Louis Trichardt het verlede week besluit om lede van die Soutpansberg Dorpswag te help wat so onbaatsugtig hul tyd opoffer vir die dorp se mense.

“Ons het ‘n groot muntlegging geloods, waar elke Triegie ‘n bydrae tot die uitstekende werk van die dorpswag kon maak deur net hulle munte skool toe te bring,” het die skool gesê.

Die poging was ‘n reusesukses gewees. Boonop was die Triegie-leiers toe so geïnspireerd dat hulle ook ‘n ekstra R1 000 geskenk het. Verlede Vrydag (20ste) het die skool al die munte en note oorhandig aan mnr. Anton Peyper en hom en die lede van die dorpswag sterkte toegewens en die hoop uitgespreek dat hulle nog lank sal voortgaan met hul goeie werk.

“Namens ons almal, ‘n baie groot dankie vir die gesin-tyd wat elke buurtwaglid so onselfsugtig vir ons gemeenskap opoffer,” was die Triegies se boodskap. Hulle beskou die werk van die dorpswag as heldedade.

Die skool het ook ‘n beroep gedoen op die gemeenskap om betrokke te raak by die buurtwag en hulle op alle gebiede te ondersteun. Donasies aan die dorpswag word grootliks gebruik om brandstofuitgawes te dek.

“Kom ons as gemeenskap vat hande en vorm ‘n skild teen misdaad in ons dorp,” was die skool se versoek.

Om aan te sluit by die dorpswag kan hul kantoor geskakel word by 082 251 0827. 

News - Date: 27 November 2015

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: