ADVERTISEMENT:

 

In ‘n spanpoging tussen Helpende Hand en die AGS Levubu het ‘n vrag vol gebreide beertjies, geskenk deur Helpende Hand, by Ons Tuiste aangekom. Saam met Ons Tuiste inwoners is die bestuurder, me. Kittie de Bruin (derde van links) en me. Janine Burmeister van die AGS Levubu (derde van regs). Foto verskaf.

Gebreide beertjies laat oues se harte warm klop

 

In ‘n spanpoging tussen Helpende Hand en die AGS Levubu het ‘n vrag vol gebreide beertjies by Ons Tuiste aangekom.

“Almal van ons het dit baie geniet om beertjies te kom kry. Al die beertjies is gevat; daar het nie ‘n enkele een oorgebly nie,” het Ons Tuiste inwoner me. Anna van der Merwe op 29 Januarie gesê, net mooi ‘n maand nadat die beertjies gebring is. Sy sien ook steeds van die beertjies op die inwoners se beddens.

Me. Marietjie Struwig, pastoorsvrou van die Apostoliese Geloofsending op Levubu, was bly oor die reaksie wat hulle van die senior burgers gekry het. “Party inwoners het genoem dat hierdie hul eerste teddiebeer was. Daar was eintlik ‘n opgewondenheid toe hul elkeen hul eie beertjie kon uitsoek en neem. Tot die mans was gaande oor die beertjies!” sê Struwig.

Alles het begin toe ‘n AGS Levubu-gemeentelid, me. Janine Burmeister, die plan met Struwig gedeel het om me. Judi Mulder van Alberton en 'n koördineerder van Solidariteit se Helpende Hand te nader vir beertjies. Helpende Hand het dadelik gesê dat hulle gebreide beertjies vir Ons Tuiste gaan skenk. Struwig se kinders het die beertjies ‘n geleentheid vanaf Gauteng na Louis Trichardt gegee, terwyl Burmeister gehelp het met die oorhandiging van die beertjies by Ons Tuiste.

“Mense van oor die hele land brei beertjies vir Helpende Hand. Dit word onder meer gebruik vir kindersentrums, sorgsentrums en ouetehuise,” het Struwig gesê.  Kinders wat misdaadslagoffers is, het moontlik ook al van die beertjies gehad om hul te troos. Solidariteit het reeds in 2007 sowat 1300 beertjies by polisiestasies afgegee omdat die polisiestasie gewoonlik die eerste plek is waarheen die slagoffertjies geneem word.

 

News - Date: 04 February 2016

Recent Articles

Search for a story:

 

Me. Marietjie Struwig, van die AGS Levubu, en me. Helene Venter van Ons Tuiste hou ‘n paar van die beertjies vas. Die beertjies is geskenk deur Helpende Hand.  Foto verskaf.

 

ADVERTISEMENT

 

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

Email:

ADVERTISEMENT: