ADVERTISEMENT:

 

Wyle Johann Anton Dreyer (64). Foto verskaf.

Hartseer vaarwel aan Johann Dreyer

 

Die Soutpansberg het die afgelope week met hartseer afskeid geneem van mnr. Johann Anton Dreyer wat op Dinsdag, 2 Februarie, in die ouderdom van 64 jaar oorlede is.

Johann is gebore op 11 Julie 1952 in Windhoek in die destydse Suidwes-Afrika. Hy was die oudste kind van Johannes en Daphne Dreyer en het grootgeword in Krugersdorp en sy skoolloopbaan voltooi by Monument Hoërskool.

Ná sy nasionale diensplig was hy ‘n brandweerman in Krugersdorp, waarna Johann later na die destydse Pietersburg verhuis het om saam met sy pa vir SASKO te werk. Hierna het hy en sy pa saam op die plaas Doornspruit op die Elim-pad geboer. In dié tyd is Johann ‘n aanbod gemaak om Gypsy Skoene in die voormalige Venda te bestuur.

In 1990 het Johann en sy gesin Louis Trichardt toe  getrek,waar hy sy eie skoenbesigheid begin het. Gedurende die tyd het hy bevriend geraak met die eienaar van Belta Services, waar hy toe gewerk het tot met sy afsterwe. Die laaste tyd het hy gesukkel met longprobleme.

Wyle Johann word oorleef deur sy eggenote Ria, seuns Martin (en skoondogter Henda), Anton en Riaan, en kleinkinders Elri, Eckhard en Eduan. Hy is op Saterdag, 6 Februarie, vanuit die NG Kerk Louis Trichardt-gemeente begrawe. Die diens is waargeneem deur ds. Phillip Horn van die Hervormde Kerk.

News - Date: 11 February 2016

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: