ADVERTISEMENT:

 

Kathy Lee-Mostert. Foto verskaf.

Vrou skuldig aan diefstal, nie bedrog

 

Me. Veruska Viljoen van Charles Pieterse Prokureurs het die afgelope week aangedui dat daar sekere onakkuraathede was in die berig oor Kathy-Lee Mostert wat skuldig gepleit het dat sy honderde duisende rande by Blouberg Dierekliniek in Louis Trichardt gesteel het.

In die artikel op bladsy 4 van die Zoutpansberger van 5 Februarie word genoem dat Mostert skuldig gepleit het op ‘n klag van bedrog. Viljoen het egter aangedui dat Mostert weliswaar skuldig gepleit het op ‘n klag van diefstal, nie bedrog nie. Die aanvanklike klagte teen Mostert was diefstal en/of bedrog.

Daar word ook genoem dat Mostert met haar borgaansoek in Januarie 2015 ‘n bedrag van R70 000 aan Blouberg betaal het. Mostert het egter hierdie bedrag reeds in Desember 2014 betaal, nog voordat sy gearresteer is.

Viljoen het ook gesê daar was nooit ‘n forensiese ondersoek gedoen om te bepaal wat die presiese bedrag was wat Mostert sou gesteel het nie. Die Zoutpansberger het egter weer met die hof opgevolg, wat bevestig het dat daar wel ‘n forensiese ondersoek was.

Verder het Viljoen gesê dat die saak nooit vir verhoor op die rol geplaas is nie. Dit is egter die Zoutpansberger se standpunt dat die saak wel in ‘n ope hof besleg is en dat Mostert krimineel verhoor is.

In die artikel word ook aangedui dat Mostert ná haar skuldigbevinding R200 000 aan Blouberg oorbetaal het, afgesien van die ander R200 000 van die R400 000 wat sy erken het sy by Blouberg gesteel het. By nadere ondersoek het die Zoutpansberger bemerk dat Mostert inderdaad reeds voor haar skuldigbevinding R200 000 oorbetaal het.

Wat betref Mostert se vonnis van sewe jaar wat opgeskort is vir vyf jaar, op voorwaarde dat sy haar nie in hierdie tyd skuldig maak aan diefstal en bedrog nie, en dat sy die oorblywende R200 000 in maandelikse paaiemente van R10 000 moet terugbetaal, het Viljoen aangedui dat die bedrag R3 000 per maand is en nie R10 000 nie, wat wel die geval is.

 

 

News - Date: 11 February 2016

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: