ADVERTISEMENT:

 

Mnr. Rampie Gilfillan (regs) op die terrein van sy ontwikkeling langs Louis Trichardt se krieketveld. By hom is die burgemeester van die Makhado Munisipaliteit, rdl. David Mutavhatsindi, wat die seremonie bygewoon het.

Ontwikkeling betree ‘n nuwe fase

 

Ná maande se gewerskaf het die ontwikkeling op die hoek van Rissikstraat en die N1 in Louis Trichardt verlede week ‘n nuwe fase betree.

Die ontwikkelaar, mnr. Rampie Gilfillan van Bridge Motors, het ‘n klein grondbreekseremonie gehou saam met die burgermeester van die Makhado Munisipaliteit, rdl. David Mutavatshindi, en sy afgevaardigdes.

Die nuwe ontwikkeling sal bestaan uit twee nuwe motorhandelaars en ‘n bekende familie restaurant. Daar is ook die moontlikheid van ‘n kleinhandel-inkopie-sentrum, wat nog onderhandel word.

Gilfillan het ‘n bietjie meer uitgewei oor die ontwikkeling.  Vrydag, 5 Februarie, se seremonie het grond gebreek op die mees suidelike punt van die terrein. Dit sal deel vorm van die restaurant, waarna daar begin sal word met die motorhandelaars. Die restaurant, ‘n Spur, sal groter wees as die vorige Louis Trichardt Spur, met ‘n buitelug kuierplek en speelarea vir kinders. Die motorhandelaars, Kia en Ford, sal baie meer modern wees, met die klem op ‘n gemaklike en vriendelike besigheidservaring vir alle kliënte. “Hierdie nuwe ontwikkeling gaan ‘n groot verskil maak aan die dorp se ingang, met die tuine en nuwe grasperke wat beplan word,” het Gilfillan gesê.                                                                                                     

So ver het die ontwikkeling ook reeds heelwat bome suksesvol hervestig, en die aanplanting van nuwe inheemse bome word ook beplan. ‘n Gedeelte van die aangrensende boompark word ook nou gereeld skoongemaak en onderhou.

Gilfillan is veral trots daarop dat al die besighede wat hulle daar sal vestig wanneer die projek voltooi is, deels gebruik sal maak van sonkrag en hulle water sal herwin. “Dit maak hierdie projek uniek, en die enigste van sy soort in Louis Trichardt,” het Gilfillan gesê.

As alles volgens plan verloop, behoort die projek teen middel volgende jaar voltooi te wees. 

 

News - Date: 13 February 2016

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: