ADVERTISEMENT:

 

Wyle oom Ockie Fourie (86). Foto verskaf.

Bekende in perdrygeledere oorlede

 

‘n Bekende in plaaslike perdry-geledere, oom Ockie Fourie, is op 28 April in die ouderdom van 86 jaar in die Wilgers Hospitaal in Pretoria oorlede.

Oom Ockie en tannie Marie Fourie was voorheen inwoners van Rondebosch buite Louis Trichardt, waar hulle ‘n boerdery bedryf het. Veral oom Ockie was bekend vir sy liefde vir perde, en almal wat hom geken het kan daarvan getuig. Menige perderuiters het dikwels na sy spogperde gaan kyk.

Oom Ockie selfs was ‘n kranige ruiter en ook die president van die plaaslike ruiterklub, waar hy ‘n bronsperd wisseltrofee geskenk het wat jaarliks aan die aktiefste ruiter toegeken is. Vir die afgelope paar jaar was die egpaar in Modimolle woonagtig.

News - Date: 12 May 2016

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: