ADVERTISEMENT:

 

Artwork

Kom neem deel en help om aasvoëls te bewaar

 

Jan Alleman sal op 10 September die kans kry om ‘n bydrae te lewer tot die bewaring van die grootste broeikolonie van Kransaasvoëls in die wêreld by die Blouberg Natuurreservaat.

Dit is die dag waarop Wêreld Aasvoëldag internasionaal gevier word, met Blouberg, ‘n staatsbeheerde reservaat, wat ter feesviering ‘n Bosveld Skattejag beplan. Die skattejag word aangebied deur die Vriende van Blouberg (VVB), ‘n organisasie bestaande uit sowat 300 vrywilligers en wat spesifiek gestig is om die reservaat te ondersteun en seker te maak dat die broeikolonie behoue bly.

Soos reeds genoem, is Blouberg die tuiste van die grootste broeikolonie van Kransaasvoëls ter wêreld. Die reservaat kry ook gereeld besoek van die baie skaars Rüppell’s-aasvoël, met mense wat van sover as die Kaap ry om na hierdie aasvoëls te kom kyk. Die reservaat beslaan ‘n area van 9 630 ha en spog met 248 voëlspesies, 24 vlermuisspesies, asook een van die grootste variasies van fynbos. Buiten vir ander klein en groter wild, is die reservaat ook tuiste vir ‘n groot trop siektevrye buffels.

Die dag se verrigtinge begin om 09:00 met ‘n baie, baie interessante aanbieding oor aasvoëls deur David Pretorius van die Schoemansdal Omgewingsopvoedingsentrum. Deelname aan die skattejag, wat om 11:00 begin, is gratis met groot pryse op die spel. Die skattejag behels spanne wat rigtingaanwysings moet volg tot op sekere punte binne die reservaat waar hulle aktiwiteite soos onder andere graaf-surfing, bokdrolspoeg en benekap sal moet voltooi. “Die fokus is absoluut op die natuur en die bewaring van die reservaat se fauna en flora – alles ten bate van die aasvoëlprojek,” het Jana Smith, lid van die VVB, gesê.

Om 18:00 sal die prysuitdeling plaasvind om die dag se topspanne aan te wys. Die eerste prys behels twee nagte by die Pezulu Treehouse Lodge in Hoedspruit, ingesluit ‘n “leeu stap” vir twee mense, alles ter waarde van R9 000. Die tweede prys sluit in twee nagte vir vier mense by die Pafuri River Lodge ter waarde van R3 200, met ‘n twee-nag-wegbreek na die Tambotikamp by Blouberg vir agt persone (ter waarde van R2 500) as derde prys. Buiten vir die groot pryse, sal daar ook kleiner pryse wees. “Mense moenie bekommerd wees nie. Elke voertuig sal iets wen,” het Jana gesê.

Onmiddellik ná die prysuitdeling sal daar (om 18:30) ‘n veiling wees van unieke items. Omdat deelname aan die dag gratis is, is die veiling waar die VVB wil poog om geld in te samel vir die reservaat. “Ons wil graag vra dat almal die veiling dus ondersteun,” het Jana gesê.

Die dag sal afgesluit word met ‘n gesellige bring-en-braai, met die VVB wat bykosse sal voorsien. Eie vleis, kos vir die dag en drinkgoed moet egter saamgebring word.

Vir meer inligting oor die dag, skakel Jana by 082 895 9034, Barry Fourie (VVB) by 083 601 5530 of Johan van Wyk, bestuurder van die Blouberg Natuurreservaat, by 015 593 0702 of 083 251 7071.

News - Date: 27 August 2016

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: