ADVERTISEMENT:

 

"Brother Joy" (in die middel agter met die swart hemp) is gelukgewens deur die skool se leerlinge, ouers en onderwysers. Regs van hom staan sy wiskunde-onderwyser, mnr. Ben Harris, en regs van mnr. Harris die natuur- en skeikunde onderwyser, mnr. Ralph Harding.

“Brother Joy” laat skool glimlag met sewe A’s

 

Takundei Gora, meer algemeen bekend as “Brother Joy” onder sy maats, was ‘n stil Zimbabwiër wat moeilik geglimlag het toe hy by Emmanuel Christelike Skool in graad 5 begin het.  Hy het nou goeie rede om te glimlag, want hy het ‘n onderskeiding (83%) in Afrikaans behaal – ‘n taal wat hy nooit voorheen in Zimbabwe gehoor of gepraat het nie.

“Brother Joy” se onderwysers het ook heelwat rede om breed te glimlag. Tydens die 2016 matriekeksamens het Takundei bo 90% in drie van sy vakke behaal en bo 80% in die ander vier.

Mnr. Ben Harris, afgetrede skoolhoof en kring-inspekteur, was Brother Joy se Wiskunde-onderwyser die afgelope jaar of wat. Hy het ook ‘n breë glimlag as gevolg van Brother Joy se 92% in Wiskunde.   Mnr. Ralph Harding, nog ‘n persoon met ‘n lang geskiedenis in die onderwys, is hoogs tevrede met Brother Joy se 95% in Natuur- en Skeikunde, terwyl die Aardrykskunde-onderwyser, mnr. Fortune Mahunye, saam bly is oor die 95% in sy vak. 

Takundei het altyd ywerig gefokus op sy akademie en selde sy emosies getoon.  Daarom het die skool se voorsitter, Hennie van Niekerk, in ‘n stadium Takundei se naam verander na “Brother Joy” – ‘n naam wat vandag perfek pas!

Die 2016 graad 12 resultate was ietwat van ‘n teleurstelling vir Emmanuel Christelike Skool wat gehoop het om hulle 100% slaagrekord van die afgelope 22 jaar te verbeter na 23 jaar. Van die 43 leerlinge wat geskryf het, het 42 goed geslaag, terwyl een leerling in Maart ‘n hereksamen gaan skryf, waarna die skool hoop dat 2016 wel die 23ste jaar met 100% slaagsyfer in graad 12 sal wees.

Ten spyte van die terugslag, brand die vreugdevure hoog as gevolg van Brother Joy se uitstaande prestasies en die kwaliteit van die groep se resultate. Twee leerders, Halatedzi Ramuthaga en Zinhle Mulaudzi, het drie onderskeidings elk behaal, Mosothe Tshivule het twee onderskeidings en daar was ‘n hele aantal leerders met een onderskeiding elk. Bo en behalwe dit, was daar ‘n groot aantal B-simbole, en ‘n hoë persentasie van die leerders kwalifiseer vir universiteitstoelating (67%).

News - Date: 21 January 2017

Recent Articles

Search for a story:

 

Emmanuel Christelike Skool se hoofmeisie en onderhoofmeisie vir 2016 het baie goed gevaar in die matriekeksamens. Halatedzi Ramuthaga (links) en Zinhle Mulaudzi het drie onderskeidings elk behaal.

 

ADVERTISEMENT

 

Anton van Zyl

Anton van Zyl has been with the Zoutpansberger and Limpopo Mirror since 1990. He graduated from the Rand Afrikaans University (now University of Johannesburg) and obtained a BA Communications degree. He is a founder member of the Association of Independent Publishers.

Email:

ADVERTISEMENT: