ADVERTISEMENT:

 

Die naweek is hier!

 

Jan Tuisbly se karretjie hierdie naweek?

Vandag (28 Oktober) is daar ‘n spesiale musiekkonsert by die Volle Evangelie Kerk (op die hoek van Rissik- en Burgerstraat) ter fondsinsameling van straatkatte. Die konsert, waartydens Jaques Mouton en Nic Hoffmann sal optree, word gereël ten bate van Projek TNR (Trap, Neuter and Release) wat sal begin om 19:00.

Kaartjies beloop R250 per persoon en sluit ‘n ete in.

Verkies jy eerder die buitelug? Saterdag is dit tyd vir die diakonie van die NG Kerk Soutpansberg-gemeente se jaarlikse hengelkompetisie. Groot pryse is op die spel vir die swaarste drie visse in elke kategorie (karp, kurper en baber).

Belangstellendes kan nog Saterdag by die plaas inskryf vir die kompetisie. Hierdie jaar sal daar op die plaas Stubbs en Mons (Mopane) gevang word. Deelname aan vanjaar se kompetisie kos R150 per volwassene en R100 vir kinders jonger as 12 jaar.

Die meer avontuurlustiges kan Saterdag ook inskryf vir die Levubu Mountain Bike Classis wat gereël word deur die Levubu CVO Skool. Registrasies sal open om 06:00, met die eerste kategorie wat om 07:30 sal wegspring.

Vir ‘n volledige skedule kan lesers gaan loer op die webblad onder die hofie “events”.

 

 

 

News in brief - Date: 28 October 2016

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: