ADVERTISEMENT:

 

Mnr. Hennie Bonnema en sy kleindogter. Foto: Madeleen van den Berg.

Drie gevang in verband met moord op Levubu boer

 

NUUSFLITS:

Die Levubu Polisie het nou net bevestig dat hulle drie verdagtes Vrydag (28ste) gearresteer het in verband met die moord op mnr. Hennie Bonnema.

Kort nadat die arrestasies bekend gemaak is, het die Zoutpansberger berig dat daar twee mans gearresteer is. 'n Provinsiale polisiewoordvoerder, lt-kol Moatshe Ngoepe, het laat Vrydagaand bevestig dat daar drie mans gevang is. Hy het gesê die mans se ouderdomme is 24, 31 en 33.

Volgens die Levubu Polisie se woordvoerder, ao. Solly Mokola is die mans naby Mashau gearresteer, nadat die polisie inligting van die gemeenskap opgevolg het. Dit is nie ver van Bonnema se plaas, Beaufort F 10 in Levubu nie.

Al drie die mans sal die naweek agter tralies bly. Hulle sal na verwagting Maandag in Vuwani Landdroshof verskyn en nié in die Louis Trichardt Distrikshof soos die polisie vroeër berig het nie.

Hulle name kan nie bekend gemaak word alvorens hulle nie verskyn het en aangekla is nie.

Die 62-jarige mnr. Hennie Bonnema is verlede Dinsdagaand (18de) by sy plaaswoning dood aangetref deur sy oudste seun, Hendrik. Hy het vermoedelik doodgebloei nadat hy met 'n skerp voorwerp gesteek is. Daar word vermoed dat die booswigte vir Bonnema ingewag het, en hom aangeval het toe hy wou stop om die ingangshek oop te maak.

Hou die Zoutpansberger dop vir meer inligting.

News in brief - Date: 28 October 2016

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: