ADVERTISEMENT:

 

Laerskool Louis Trichardt se hoofleiers besig met ‘n boomplantseremonie op 12 September. Van links na regs is Roy Stewart (hoofseun), Alida du Preez (hoofmeisie), die skoolhoof, mnr. Louis Linde, Bernice Meiring (onderhoofmeisie), me. Christine Venter (prefekvoog) en Stefan Corbett (onderhoofseun). By hulle is ‘n olyfboom. Die rooi essenhoutboom is meer na links geplant (nie in die foto nie). Foto verskaf.

Triegies doen hul deel vir Boomplantweek

 

Nasionale Boomplantweek, wat jaarliks van  1 tot 7 September plaasvind,  is deur Laerskool Louis Trichardt gevier deur die plant van twee bome.

Die Triegies het hulle boomplantseremonie saam met hul lentedagviering op 12 September gehou en ook die komende Erfenisdag (24 September) daarmee herdenk.

Vanjaar se Bome van die Jaar is die laventelboom (Heteropyxis natalensis) en die witysterhout (Vepris lanceolate). Die laventelboom kom as ‘n klein boompie of struik in suid KwaZulu-Natal en noord van die Vaalrivier voor. Die witysterhout kom naby die kus voor en bly klein in droë gebiede, maar word tot 20m hoog in immergroen woude.

Hierdie twee bome was nie plaaslik bekombaar nie en die prefekte van die skool, wat vir die boom­plantseremonie verantwoordelik was, het besluit op ‘n rooi essenhout (Trichilia emetica) en ‘n olyfboom (Olea europaea). Die olyfboom kan droogte weerstaan, groei ongeveer 30cm tot 60cm per jaar  en word net meer as 10m hoog. Die rooi essenhout, met sy digte skaduwee, is baie bekend in die omgewing en is ‘n vinnige groeier wat tot 20m hoog word. Dis dan ook juis vir die skaduwee dat daar besluit is om die bome naby die wegspringplek van die atletiekbaan en waar die atlete vir naellope moet aantree, te plant. “Dit sal baie help as daar ‘n koeltetjie kom waar die atlete kan sit en wag,” het die prefekvoog, me. Christine Venter, gesê.

Die hoofseun en hoofmeisie, Roy Stewart en Alida du Preez, het die olyfboom geplant, terwyl die onderhoofleiers, Stefan Corbett en Bernice Meiring, die rooi essenhout geplant het.

School - Date: 18 September 2014

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

News Correspondent

Correspondent journalists from all over the region supply us with news and sport articles. 

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: