ADVERTISEMENT:

 

The Ridgeway Independent School outside Louis Trichardt announced their top sport boy and sport girl on 26 November and presented them with the sportsmanship trophies. Left is Aidan Bristow (sport boy) and right is Emlyn Foord (sport girl).

Prize-giving / Prysuitdeling 2014 *updated*

 

Ridgeway Independent School hosted their junior phase prize-giving ceremony at the school hall of Ridgeway College in Louis Trichardt on 25 and 26 November. 

Muneiwa Ratshitanga was the best senior soccer player), Bilaal Essa got the award for best senior cricket player, Rejoice Mkansi and Cara Joubert shared the trophy for best senior netball player and Gordon McGaffin was the best chess player. Taha Tayob and Neha Patel shared the trophy for loyalty, Gordon McGaffin received trophies for helpfulness and perseverance, and Emlyn Foord was awarded the trophy for eco-awareness. 

Aidan Bristow was appointed as sport boy and Emlyn Foord as sport girl for 2014, while Emlyn Foord was awarded the Dux Scholar for 2014.

Hoërskool Louis Trichardt het hul jaarlikse prysuitdeling gehou op 15 Oktober 2014 en het toptoekennings uitgedeel vir sport, kultuur en akademie. Hierdie jaar is die hoof, mnr. Theo Muller, met die uitdeel bygestaan deur die hoofseun van 50 jaar terug, mnr. Johan Mulder.

Die skool se trofee vir leierskap word vanjaar gedeel deur Elouise Spies en Jaco Linde, onderskeidelik hoofmeisie en onderhoofseun van 2013/14, terwyl Daniél Coetzee, hoofseun van 2013/14, die gesogte Triegie-van-die-Jaar ontvang het.

Coreen Meiring, is aangewys as die top kultuurleerling van die jaar en Liesbet Voight het die Finesse-trofee opgeraap.

Die top sportseun en –meisie toekennings het onderskeidelik aan Richard Lambert en Amorien Venter gegaan.

Laerskool Louis Trichardt het ook op 28 en 29 Oktober hulle prysuitdeling funksies gehou. Alida du Preez, hoofmeisie van Laerskool Louis Trichardt, ontvang die Triegie van die Jaar trofee en Bernice Meiring, onderhoofmeisie van Laerskool Louis Trichardt, ontvang die trofee vir die Staatmaker van die Jaar. 

Laerskool Louis Trichardt het vanjaar twee nuwe trofeë vir beste leierontwikkeling ingestel. Die eerste twee wenners van hierdie trofeë is, van links na regs,  Johannes Joubert (beste leierontwikkeling: seuns) en Megan Bayes (beste leierontwikkeling: meisies).

Hoërskool Eric Louw in Musina het ook op 21 Oktober, tydens die skool se jaarlikse prysuitdeling, hul uitblinkers in akademie, sport en kultuur die afgelope jaar met trofeë beloon.

Graad 11-leerling Jannemari Fourie word aangewys as beste Afrikaanse redenaar en beste kultuurmeisie, asook Sportmeisie van die Jaar. Graad 9-leerling Jan-Karel Limbach stap op sy beurt ook weg met die trofeë vir beste Afrikaanse redenaar en beste kultuurseun, asook Sportseun van die Jaar. 

Stephen Stander is aangewys as Dux-leerling, Kuldeep Jadeja as top akademiese presteerder en Elzke Booyse as Staatmaker van die Jaar.

CVO-skool Zoutpansberg het op 30 Oktober hul jaarlikse prysuitdeling gehou. Jani Badenhorst is nie net aangewys as Zoutie van die Jaar in die laerskoolfase nie, maar ook as toppresteerder in Graad 6. Graad 9-leerling Hendrik Badenhorst het die trofeë vir toppresteerder vir fisiese wetenskap, lewenswetenskappe en wiskunde ontvang. Melissa Stemmet ontvang die trofee vir toppresteerder in Graad 10 tot 12 en word ook aangewys as Zoutie van die Jaar in die hoërskoolfase. Verdere akademiese toppresteerders is Chané Rabe vir Graad 9, Ewan Smit vir Graad 1 en Mieke Prinsloo vir Graad 2.

Laerskool Levubu het hulle jaarlikse prysuitdeling op 20 November gehou. Rinae Setlako is aangewys as Laerskool Levubu se Rugbyspeler van Jaar en die Sportseun van die jaar. Anza Mufamadi is aangewys as die Sportmeisie van die jaar. Jong Mijanke Venter het die Bokkie van die Jaar-trofee ontvang. Die skool het ook hulle atletiek en swem trofeë uitgedeel. Anza Mufamadi (links) en Chad Smith (regs) deel vanjaar Laerskool Levubu se Boekwurm van die Jaar-trofee.

Laerskool Messina se prysuitdeling is op 10 November gehou. Diana van Niekerk en Rotondwa Mulea is onderskeidelik aangewys as die skool se Sportmeisie en -seun van die Jaar. Die skool se toppresteerders in Graad 7 die afgelope jaar was (van links na regs) Muofhe Libago (bogemiddelde prestasie), Sinead Linder (hoogste prestasie in Afrikaans eerste addisionele taal en Engels eerstetaal) en Sandy Pesulo (hoogste prestasie vir skeppende kuns: meisie).

School - Date: 04 December 2014

Recent Articles

Search for a story:

 

Hierdie swemmers van Hoërskool Louis Trichardt ontvang trofeë vir die interhuis swemgala. Voor, van links na regs, is Jason Cronjé (senior Victor Ludorum), Danika Malan (junior Victrix Ludorum) en Lukie Enslin (junior Victor Ludorum). Agter is PJ Greyling (beste vryslag) en Amorien Venter (beste vlinderslag). Afwesig: Elouise Spies (senior Victrix Ludorum).

Hoërskool Louis Trichardt se toptoekennings is deur die hoof, mnr. Theo Muller, en die hoofseun van 50 jaar terug, mnr. Johan Mulder, uitgedeel. Hier is oud-hoofleiers en huidige leiers in ‘n vrolike luim. V.l.n.r. is Elouise Spies en Daniél Coetzee (hoofmeisie en hoofseun van 2013/14), mnr. Felix Malan (hoofseun van 1990), Mulder (hoofseun van 1964),  mev. Elmien Guillaume (née Wessels, hoofmeisie van 1984),  mev. Christel Leonard (née Voges, onderhoofmeisie van 1989),  mev. Elsje Linde (née Van Rooy, hoofmeisie van 1980), en Amorien Venter en Duncan Moodie (hoofmeisie en hoofseun van 2014/15).

Hierdie snoepiehelpers van Hoërskool Louis Trichardt het balkies ontvang. Hulle is, voor van links na regs, Faith Makubele, Benedicta Apea-Adu en Ramaanah Jamadar. Agter is Anani Mboyi en JW Moos. Afwesig: Hitekani Mashimbye.

Tanika Wiggill van Hoërskool Louis Trichardt ontvang ‘n balkie vir skiet tydens die  skool se deurlopende prysuitdeling op 20 Oktober.

Hierdie groepie krieketspelers van Hoërskool Louis Trichardt het erekleure vir krieket ontvang. Voor, van links na regs, is Amorien Venter (vierde erekleure), Geraldine van den Berg en Benedicta Apea-Adu (tweede erekleure). Agter is Ninke le Roux en Clarissa Pentz (eerste erekleure). Rudzi Silima (afwesig) asook Amorien, Geraldine en Benedocta is gekies vir die Limpopo O/19 meisieskrieketspan.

Daniél Coetzee, Hoërskool Louis Trichardt se hoofseun van 2013/14, ont­vang die gesogte Triegie-van-die-Jaar trofee.

Hulle is Richard Lambert (links) en Amorien Venter is as Hoërskool Louis Trichardt se top sportseun en –meisie aangewys.

Hoërskool Louis Trichardt se trofee vir leierskap word vanjaar gedeel deur Elouise Spies (links) en Jaco Linde, onderskeidelik hoofmeisie en onderhoofseun van 2013/14.

Coreen Meiring (links) van Hoërskool Louis Trichardt ontvang die trofee vir die skool se top kultuurleerling. Saam met Coreen is Liesbet Voigt, wat die Finesse-trofee ontvang.

Trofeë vir Hoërskool Louis Trichardt se top akademiese presteerders in elke graad en fase is uitgedeel. Van links na regs is Cassia van de Vyver (Graad 8 wenner en wenner van die junior fase), Khevana Naik (Graad 9), Rotondwa Netshia (Graad 10), Emmanuel Motlaung (Graad 11 wenner en wenner van die senior fase) en Tanganedzani Magodi (Graad 12).

Hierdie groepie is leerlinge tot en met Graad 11 wat op 20 Oktober tydens  Hoërskool Louis Trichardt se deurlopende prysuitdeling erekleure vir toneel ontvang. Voor, van links na regs, is die toneelleerlinge wat tweede erekleure ontvang, naamlik Jamy Jonker, Annelize Pauer, Marco Venter, Marli Muller en Wanga Ramavhuya. Agter is die leerlinge wat eerste erekleure ontvang het. Hulle is Leandri Muller, Jaco van Zyl, Wynand Mouton en Danika Malan. Marietjie Leonard en Willem Martin (beide tweede erekleure) en Riané Prinsloo (eerste erekleure) was afwesig tydens die neem van die foto.

Hierdie leerlinge van Hoërskool Louis Trichardt ontvang erekleure vir debat en redenaars tydens die  skool se deurlopende prysuitdeling op 20 Oktober. Voor, van links na regs, is Blessing Phathela, Maanda Phathela en Faith Makhubele wat almal derde erekleure vir debat ontvang. Agter is Rudzani Ramabulana (eerste erekleure vir debat) en Coreen Meiring (eerste erekleure vir redenaars). Afwesig: Mashudu Demana (eerste erekleure vir redenaars).

Phillip Apea-Adu of Louis Trichardt High School received colours for cricket on 20 October, during the school’s prize giving function, for being selected for a provincial team.

Alida du Preez, hoofmeisie van Laerskool Louis Trichardt, ontvang die gesogte Triegie van die Jaar trofee tydens die skool se prysuitdeling op 29 Oktober.

Bernice Meiring ontvang Laerskool Louis Trichardt se kultuurtrofee en sy is ook die Senior Kultuurmeisie van die Jaar. Van links na regs is Bernice, Stefan Corbett (Senior Kultuurseun van die Jaar), Luandi-Cara van Zyl (Junior Kultuurmeisie van die Jaar), Jannes van der Goot (Junior Kultuurseun van die Jaar) en Suandrie Corbett (veelsydigste kultuur-leerder).

Hierdie leerlinge van Laerskool Louis Trichardt ontvang die top trofeë vir tennis tydens die skool se jaarlikse sport prysuitdeling op 28 Oktober. Voor, van links na regs, is Angelique van der Westhuizen (beste junior tennisspeler: meisie) en Khudani Muedi (beste junior tennisspeler: seun). Agter is LJ Fick (beste senior tennisspeler: seun) en Maggie Kemp (beste senior tennisspeler: meisie).

Bernice Meiring, onderhoofmeisie van Laerskool Louis Trichardt, ontvang die trofee vir die Staatmaker van die Jaar tydens die prysuitdeling op 29 Oktober.

Laerskool Louis Trichardt se sportseun en -meisie van 2014 is onderskeidelik Roy Stewart (links) en Alida du Preez. Hulle is aangewys tydens die skool se sport prysuitdeling op 28 Oktober.

Hierdie leerlinge van Laerskool Louis Trichardt het die top trofeë vir skaak ingepalm. Van links na regs is Xavier Kotzee (beste beginner), Junior Bessong (beste O/9-skaakspeler), Gideon Joubert (beste O/11-skaakspeler) en Tondi Sadiki (beste O/13-skaakspeler).

Rugbyspelers van Laerskool Louis Trichardt is beloon vir hul harde werk en prestasies die afgelope jaar tydens die skool se sport prysuitdeling op 28 Oktober. Voor, van links na regs, is Nsuku Baloyi (Rugbyspeler van die Jaar en beste eerstespan agterspeler), Roy Stewart (beste eerstespan rugbyspeler en beste eerstespan voorspeler), Carel Lourens (beste vordering in rugby: eerstespan), Eugene van den Heever (beste rugbyspeler: tweedespan), Alexander Gird (beste agterspeler: tweedespan) en Eugene van Wyk (beste voorspeler: tweedespan). Agter is Rotondwa Sadiki (beste rugbyspeler: derdespan), Koben Hofmeyr (beste agterspeler: derdespan), Davhana Ravele (beste voorspeler: derdespan), Dewald van Graan (beste rugbyspeler en beste voorspeler O/11), Conrad Fourie (beste agterspeler O/11), Philip Ludick (beste rugbyspeler en beste agterspeler O/10) en TJ Pieterse (beste voorspeler: O/10).

Top redenaars en ander uitblinkers het trofeë ontvang tydens Laerskool Louis Trichardt se  prysuitdeling op 29 Oktober. Voor, van links na regs, is Stefan Corbett (Redenaar van die Jaar, beste senior redenaar Graad 6 en 7 in Afrikaans huistaal, en mees entoesiastiese senior revue seun), Precious Ramabulana (beste senior redenaar Graad 6 en 7 in Afrikaans eerste addisionele taal), Sarisa van der Goot (beste senior redenaar Graad 4 en 5 in Afrikaans huistaal) en Jannes van der Goot (beste junior redenaar algeheel, beste junior redenaar Graad 1). Agter is Cara van der Goot (beste junior redenaar Graad 3), Angelique van der Westhuizen (beste junior redenaar Graad 2), Dewald van der Westhuizen (Redaksielid van die Jaar) en Mukhove Marole (mees entoesiastiese senior revue meisie).

Laerskool Louis Trichardt het vanjaar twee nuwe trofeë vir beste leierontwikkeling ingestel. Die eerste twee wenners van hierdie trofeë is, van links na regs,  Johannes Joubert (beste leierontwikkeling: seuns) en Megan Bayes (beste leierontwikkeling: meisies).

Links: Laerskool Louis Tri­chardt het trofeë vir hul krieket­spelers oorhandig ty­dens die skool se jaarlikse sport prysuitdeling op 28 Oktober. Voor, van links na regs, is Gerhardus Fourie (Krieketspeler van die Jaar en Kolwer van die Jaar), FC Phillipson (Bouler van die Jaar) en Johannes Joubert (beste veldwerker). Agter is Roy Ste­wart (beste krieketspeler in die tweedespan), Conrad Fourie (beste O/11 krieketspeler), Hercules Snyman (beste O/10 krieketspeler) en Ruan van Tonder (beste vordering in krieket).

Laerskool Louis Trichardt het hul nuwe hoofleiers vir 2015 aangewys. Hulle is, van links na regs, Gerhardus Fourie (hoofseun), Franco Knoetze (onderhoofseun), Suandrie Corbett (hoofmeisie) en Dominique Nel (onderhoofmeisie).

Hokkiespelers is beloon vir hul goeie prestasies tydens Laerskool Louis Trichardt se sport prysuitdeling op 28 Oktober. Voor, van links na regs, is Alida du Preez (beste eerstespan hokkiespeler: meisie), Karla van Zyl (beste tweedespan hokkiespeler: meisie), Danica Knoetze (beste O/11 hokkiespeler: meisie) en Bernice Meiring (beste vordering, eerstespan: meisie). Agter is Roy Stewart (beste eerstespan hokkiespeler: seun), Dylan Mellors (beste tweedespan hokkiespeler: seun), Conrad Fourie (beste O/11 hokkiespeler: seun), Franco Knoetze (beste vordering, eerstespan seun) en Gerhardus Fourie (beste eerstespan opkomende speler: seun).

Atlete van Laerskool Louis Trichardt het trofeë tydens die skool se sport prysuitdeling op 28 Oktober ontvang. Voor, van links na regs, is Nsuku Baloyi (senior Victor ludorum en beste prestasie in atletiek seuns O/13), Alida du Preez (senior Victrix ludorum en beste prestasie in atletiek meisies O/13), Dewald van Graan (junior Victor ludorum,  beste SO/11) en Fransune Venter (junior Victrix ludorum, beste meisie O/10). Agter is LJ Fick (beste seun O/12), Gideon Joubert (beste seun O/10), Tebogo Masekela (beste meisie O/12) en Modjadji Sefole (beste meisie O/11).

 

Trofeë vir akademiese prestasie is oorhandig tydens Laerskool Louis Trichardt se akademiese en kultuur-prysuitdeling op 29 Oktober. Voor, van links na regs, is Roy Stewart (toppresteerder in wiskunde), Gundo Netshifhefhe (beste prestasie in wiskunde olimpiade), Bernice Meiring  (toppresteerder in Afrikaans moedertaal), Rahmaa Ayob, (toppresteerder in Afrikaans eerste addisionele taal), Tahir Patel (toppresteerder in Engels huistaal), Stephan Corbett ( toppresteerder in Engels eerste addisionele taal) en Khangala Ramahala (toppresteerder in Tshivenda huistaal).

Hoërskool Eric Louw in Musina se beste seunspresteerders in krieket en gholf het ook trofeë ontvang. Van links na regs is Coenie Strydom (beste senior krieketspeler), Kuru Vansia (beste junior krieketspeler), Divan van der Merwe (beste senior gholfspeler) en Jordan Ackeroyd (beste junior gholfspeler). Foto’s verskaf.

Hierdie drie sportseuns van Hoërskool Eric Louw is aangewys as die beste presteerders in rugby. Van links na regs is Brandon Huyseman (beste senior rugbyspeler), Deon Viljoen (beste junior rugbyspeler) en Cor Roos (beste vordering in rugby). Foto verskaf.

Hoërskool Eric Louw in Musina se top sportmeisies wat erkenning ontvang het tydens die skool se jaarlikse prysuitdeling. Van links na regs is Sharon Mabasa (beste senior netbalspeler), Tiffany van der Berg (beste junior netbalspeler), Zelda Botha (beste senior hokkiemeisie) en Claudia Cilliers (beste junior hokkiemeisie). Foto verskaf.

Dié drie leerlinge van Hoërskool Eric Louw in Musina stap ook met toptoekennings weg. Van links na regs is Stephen Stander (Dux-leerling), Kuldeep Jadeja (top akademiese presteerder) en Elzke Booyse (Staatmaker van die Jaar). Foto verskaf.

Graad 11-leerling Jannemari Fourie (links) word aangewys as beste Afrikaanse redenaar en beste kultuurmeisie, asook Sportmeisie van die Jaar. Graad 9-leerling Jan-Karel Limbach stap op sy beurt ook weg met die trofeë vir beste Afrikaanse redenaar en beste kultuurseun, asook Sportseun van die Jaar. Foto’s verskaf.

Hierdie netbalspelers van Laerskool Louis Trichardt het trofeë ontvang tydens die skool se sport prysuitdeling op 28 Oktober. Voor, van links na regs, is Alida du Preez (netbaltrofee vir uitstaande prestasie: senior meisie en beste O/13A-netbalspeler), Bernice Meiring (beste O/13B-netbalspeler), Mukhove Marole (beste O/13C-netbalspeler), Makgomo Nkoana (beste O/12A-netbalspeler), Nicolene van Graan (beste O/12B-netbalspeler) en Coerien du Preez (beste O/12C-netbalspeler). Agter is Bono Maphiswana (beste O/11-netbalspeler), Matamela Mulewa (beste O/11B-netbalspeler), Danelle Venter (beste O/10A-netbalspeler), Chante Pieterse (beste O/10B-netbalspeler), Mukondi Tshidzumba (beste vordering in netbal: senior) en Jodie Cronje (beste vordering in netbal: junior).

Ridgeway Indepen­dent School congra­tulates two gymnasts, Dimpo (left) and Kel­ly Matswiki who received awards for gymnastics. Dimpo (9) received a trophy for achievements in the North Zone Gymnastics as well as club trophies for best level 1 to 3 overall, best level 1 and best beginner, while Kelly (7) received a club medal for level 1 floor.

Hierdie leerlinge van Levubu CVO het uitstekend presteer op verskillende gebiede tydens die jaar en is gedurende die skool se jaarlikse prysuitdeling op 7 November met trofeë beloon. Voor, van links na regs, is Eleen Furstenberg (junior sport) en Lente Schutte (junior kultuurmeisie). Agter is Wilné Kotzé (senior kultuurmeisie), Waldo Stemmet (senior kultuurseun) en Reese Coetzee (senior sport). Foto verskaf.

Die CVO-skool Zoutpansberg se toppresteerder in Graad 2 was vanjaar Mieke Prinsloo. Sy het haar trofee ontvang tydens die skool se jaarlikse prysuitdeling op 30 Oktober. Foto verskaf.

Die CVO-skool  Zoutpansberg buite Louis Trichardt het op 30 Oktober erkenning gegee aan die skool se top akademiese presteerders tydens hul jaarlikse prysuitdeling. Melissa Stemmet ontvang die trofee vir toppresteerder in Graad 10 tot 12 en word ook aangewys as Zoutie van die Jaar in die hoërskoolfase. Foto verskaf.

Tydens die CVO-skool Zoutpansberg se jaarlikse prysuitdeling op 30 Okto­ber word Jani Badenhorst nie net aangewys as Zoutie van die Jaar in die laerskoolfase nie, maar stap ook weg met die trofee as toppresteerder in Graad 6. Foto verskaf.

Graad 9-leerling Hendrik Badenhorst van die CVO-skool Zoutpansberg ontvang tydens die skool se jaarlikse prysuitdeling die trofeë vir toppresteerder in fisiese wetenskap, lewenswetenskappe en wiskunde. Foto verskaf.

Die jong Ewan Smit van die CVO-skool Zout­pansberg word aangewys as die skool se top­presteerder in Graad 1 vir 2014. Foto verskaf.

Chané Rabe stap vanjaar weg met die CVO-skool Zoutpansberg se trofee vir toppresteerder in Graad 9. Foto verskaf.

Laerskool Levubu het op 20 November hul jaarlikse prysuitdeling aangebied. Tydens die geleentheid het Chad Smith weggestap met die gesogte Vubie van die Jaar-trofee (foto). Buiten hiervoor het die jong Chad ook die Beste Afrikaans-trofee en Beste Akademiese Presteerder-trofeë verower. Foto verskaf.

Laerskool Levubu se Sportseun en –meisie van die Jaar is vanjaar Rinae Setlako (links) en Anza Mufamadi (regs). Foto verskaf.

Laerskool Levubu se top swemmers wat trofeë verower het tydens die skool se jaarlikse prysuitdeling op 20 November. Van links na regs staan Junél Joubert (junior Victrix ludorum), Jessica Smith (senior Victrix ludorum), Chad Smith (senior Victor ludorum) en Rikus Haasbroek (junior Victor ludorum). Foto verskaf.

Die jong Rinae Setlako is aangewys as Laerskool Levubu se Rugbyspeler van Jaar. Sy trofee is aan hom oorhandig tydens die skool se prysuitdelingsfunksie op 20 November. Foto verskaf.

Nardus Erasmus het tydens Laerskool Levubu se jaarlikse prysuitdeling weggestap met die Paul Kruger-trofee vir prestasies op kulturele gebied. Foto verskaf.

Die jong Mijanke Venter het tydens Laerskool Levubu se prysuitdeling die skool se Hokkie Bokkie van die Jaar-trofee ontvang. Foto verskaf.

Anza Mufamadi (links) en Chad Smith (regs) deel vanjaar Laerskool Levubu se Boekwurm van die Jaar-trofee. Foto verskaf.

Laerskool Levubu se atletiekpresteerders vir 2014. Van links na regs staan Rinae Setlkao (senior Victor ludorum), Caylene Gericke (junior Victrix ludorum) en Lia-Mari van der Westhuizen (senior Victrix ludorum). Afwesig: Osama Kheyre (junior Victor ludorum). Foto verskaf.

Hierdie twee sussies, Inge en Jonelle Wepe­ner, het blykbaar ‘n kompetisie aan om te sien wie die beste op skool kan presteer. Tydens die CVO Skool Zoutpansberg buite Louis Trichardt se jaarlikse prysuitdeling op 30 Oktober is hulle aangewys as die toppresteerders in hul onderskeie grade.  Inge was toppresteerder in Graad 7 en Jonelle die toppresteerder in Graad 5. Foto verskaf.

Laerskool Messina se toppresteerders in Graad 7 die afgelope jaar was (van links na regs) Muofhe Libago (bogemiddelde prestasie), Sinead Linder (hoogste prestasie in Afrikaans eerste addisionele taal en Engels eerstetaal) en Sandy Pesulo (hoogste prestasie vir skeppende kuns: meisie). Foto verskaf.

Op grond van hul sportprestasies die afgelope jaar is Diana van Niekerk en Rotondwa Mulea van Laerskool Messina onderskeidelik aangewys as die skool se Sportmeisie en –seun van die Jaar. Hulle het hul toekennings ontvang tydens die skool se jaarlikse prysuitdeling op 10 November. Foto verskaf.

Erik Limbach (Graad 7) is tydens Laerskool Messina se jaarlikse prysuitdeling aangewys as die skool se Dux-leerling. Hier is hy afgeneem by al die trofeë wat hy ontvang het. Foto verskaf.

Hierdie groepie leerlinge van Laerskool Messina het tydens die skool se jaarlikse prysuitdeling erekleure vir sport en kultuur ontvang. Voor, van links na regs, is Abri Whelan (ATKV redenaars), Heike von Maltitz (sertifikaat vir besonderse prestasie in ballet by die Royal Academy of Dance) en Margot Beukes (Limpopo skole perdryspan). Agter is Lethabo Moloto (Limpopo O/12-netbalspan), Matimba Mabyalane (Limpopo O/12-rugbyspan), Rontondwa Mulea ((Limpopo O/12-rugbyspan) en Erik Limbach (ATKV redenaars). Foto verskaf.

Erik Limbach (links) van Laerskool Messina het op 17 Oktober saam met 10 mede-leerlinge aan die SAOU (Suid-Afrikaanse Onderwysunie) se Wiskunde in Aksie eksamen deelgeneem. Tesame het Laerskool Messina se leerders ‘n gemiddeld van 75% behaal. Erik is aangewys as een van die top 30 studente in die streek (Gauteng/ Limpopo/ Mpumalanga/ KZN) met ‘n gemiddeld van 95%. Hy was genooi om die afgelope Saterdag aan die wiskunde pretdag by die UP Innovasieseuntrum, hoofkampus in Pretoria, deel te neem. Pieter Uys (regs) het ook uitstekend gevaar met ‘n persentasie van 90%. Foto verskaf.

Trophies for sport were presented at the Ridgeway Independent School’s senior prize-giving function on 26 November. From left to right are Muneiwa Ratshitanga (best senior soccer player), Bilaal Essa (best senior cricket player), Rejoice Mkansi and Cara Joubert (sharing the trophy for best senior netball player) and Gordon McGaffin (best chess player).

Students of the Ridgeway Independent School outside Louis Trichardt received prestigious awards at the school’s senior prize-giving function on 26 November. From left to right are Taha Tayob and Neha Patel (sharing the trophy for loyalty), Gordon McGaffin (trophies for helpfulness and perseverance) and Emlyn Foord (trophy for eco-awareness).

Trophies for the best orators of Ridge­way Independent School were presented at the school’s senior prize-giving function on 26 November. From left to right are Casper John Venter (best senior orator, English), Savanna Sparrow (best senior orator, Afrikaans) and Zaidaan Osman (best junior orator, English).

 

Leadership trophies were presented at the Ridgeway Independent School’s senior prize-giving function on 26 November. From left to right are Zaynah Aboo and Casper John Venter, sharing the trophy for leadership as heads of the school’s student council, and Cara Joubert, who received the council member leadership trophy.

Pepijn Rennings received the sportsmanship trophy at the junior phase prize-giving function of Ridgeway Independent School that was hosted at the school hall of Ridgeway College in Louis Trichardt on 25 November.

Ridgeway Independent School hosted their junior phase prize-giving ceremony at the school hall of Ridgeway College in Louis Trichardt on 25 November. From left to right are trophy winners Nhlayiseko Hlavangani (fellowship trophy), Paballo Maluleka (diligence trophy) and Luqmaan Hoosen (eco-awareness trophy).

Emlyn Foord of the Ridgeway Independent School is the Dux Scholar for 2014. She received the trophy during the school’s senior prize-giving ceremony on 26 November. Emlyn also received a trophy for the top achiever in the Cambridge Checkpoint Examinations.

Casper John Venter of the Ridge­way Independent School received the trophy for the Ridgeway Ambassador of the Year at the school’s senior prize-giving function last week.

 

ADVERTISEMENT

 

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

Email:

ADVERTISEMENT: