ADVERTISEMENT:

 

Hoërskool Eric Louw se eerste krieketspan, afgeneem kort ná hul geskiedkundige oorwinning. Voor, van links na regs, is Sakkie Vermeulen (hulpafrigter), Justice Maila, Stephan Thaute, Jan-Karel Limbach en Mashudu  Maphaha. Agter is Ralph Ndawana, Tebogo, Jaco Steyn, Charlie du Plessis (junior),  Charlie du Plessis (hoofafrigter), Brandon Huysamen, Coenie Strydom, Dyllan Wright, Ipfi Mphugana, Kuru Vansia en Ravi Vansia. Foto verskaf.

Louwtjies se eerstes maak skool trots

 

Hoërskool Eric Louw het rede om lekker breëbors te wees, nadat een van die skool se krieketspanne nie net vir die eerste keer in 13 jaar deurgedring het na ‘n Limpopo-finaal nie, maar ook vir die eerste keer in die skool se geskiedenis ‘n finaal gewen het.

Die skool se eerste krieketspan het op 18 Oktober in die finaal van die Limpopo-krieketliga vir medium skole te staan gekom teen ‘n sterk gekombineerde Giyani-span op ‘n lewendige kolfblad in Polokwane.

Giyani wen die loot en besluit om eerste te kolf. Die Louwtjies slaag daarin om hul opponente tot slegs 87 lopies te beperk. Dit was hoofsaaklik te danke aan Louwtjie bouler Jan-Karel Limbach wat vyf paaltjies laat kantel (vir die verlies van slegs 20 lopies) en ook spog met ‘n briljante vangskoot. Hy word goed ondersteun deur spanmaats Kuru Vansia en Coenie Strydom wat elk twee paaltjies plattrek.

Met die kolf het Louwtjies se Ravi Vansia (26 lopies) en Ipfi Mphugana (21 lopies) ‘n goeie fondasie gelê om ‘n oorwinning vir Louwtjies te verseker, en voor middagete al het Louwtjies die wenlopies (88) gemoker. Dit was ook ‘n baie emosionele oomblik toe Charlie du Plessis (junior) die wenlopies aanteken, juis oor die feit dat sy pa, Charlie du Plessis (senior), die span se hoofafrigter is. Die span het ook hulde gebring aan hom deur hom op hul skouers van die veld te dra. Jan-Karel word na afloop van die stryd aangewys as Speler van die Wedstryd danksy sy puik vertoning as bouler.

Die span het hul dank uitgespreek teenoor Du Plessis, asook Sakkie Vermeulen wat as hulpafrigter en sportorganiseerder ‘n puik diens vir die span gelewer het.

Sport - Date: 24 October 2014

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: