ADVERTISEMENT:

 

Die jongspan van die Soutpansberg Skietklub is voor, van links na regs, Simoné du Toit (goud .22, silwer windbuks en jaggeweer), Bianca Smit (silwer .22), Jeanine Wilson (brons .22), Wian du Toit (goud windbuks en .22, silwer handwapen), Werner Denner (brons windbuks) en Junior Smit (goud windbuks en grootgeweer, silwer .22). Foto verskaf.

Rekords spat tydens klub se laaste skiet vir die jaar

 

Die rekords het Saterdag (6de) gespat tydens die Soutpansberg Skietklub van Louis Trichardt se laaste groeperingskiet-kompetisie van die jaar.

In die standaard handwapenklas het die jong Wian du Toit die jarelange rekord van 26 mm verbeter na 19 mm. Sy pa, Ampie, het kort hierna dieselfde rekord verbeter na 18 mm. Dit het Wian nie gestuit nie, en hy palm die wisseltrofee, nog twee goue medaljes en een silwer medalje in die verskillende junior skiet kategorieë in.

Junior Smit en Simoné du Toit het mekaar opgekeil en was baie naby met die punte, maar Junior het die wisseltrofee opgeraap in die junior/senior klas. Junior verower ‘n goue medalje vir sy vernuf met die windbuks, goud in die grootgeweer-klas en silwer in die .22-kategorie. Simoné kry ‘n goue medalje in die .22-kategorië en silwer medaljes vir beide die windbuks- en jaggeweer-klasse.

Ampie het verder tande gewys in die senior kategorie toe hy dié klas se wisseltrofee opgeraap het. 

Na afloop van die kompetisie het die klub hul aktiwiteite vir die jaar afgesluit, en van die geleentheid gebruik gemaak om die volgende borge te bedank: Rampie Gilfillan van Bridge Auto vir die daarstelling van ‘n tru-grawer om te help met grondverskuiwing, Theo Lordan wat brandstof verskaf het, Pieter Gird wat sy plaasarbeiders en tru-grawer beskikbaar gestel het, Frikkie de Jager van Turners wat skietrusse voorsien het en al die ander borge wat deur die jaar ‘n hand bygesit het sonder dat die klub ‘n sent hoef terug te betaal het. “Die skietklub waardeer dit opreg,” het Ampie gesê. 

Sport - Date: 12 December 2014

Recent Articles

Search for a story:

 

Hierdie senior lede van die Soutpansberg Skietklub het almal medaljes losgeskiet tydens ‘n groeperingskiet-kompetisie van die klub wat oor die naweek beslis is. Voor, van links na regs, is Ronnie Levine (brons windbuks en handwapen), Jadranko Jakovlev (goud handwapen ope), Ampie du Toit (goud handwapen standaard en .22, silwer windbuks), en Frikkie de Jager (brons jaggeweer). Agter is Jannie van Zyl (goud jaggeweer), Wilhelm Smit (silwer jaggeweer), Hendry Denner (goud windbuks), Gerald Maralich (silwer .22) en Mate Ungrin (silwer handwapen ope, brons .22). Afwesig tydens die neem van die foto was Justin Breytenbach (silwer windbuks, brons .22) en Alecia Riegter (brons jaggeweer). Foto verskaf.

 

ADVERTISEMENT

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: