ADVERTISEMENT:

 

Hoërskool Louis Trichardt se dirigentspan, met hul tema Colour Festival, het kleurvol daarna uitgesien. Foto verskaf.

Triegies laat rekords spat tydens interhoër

 

Hoërskool Louis Trichardt se atlete het verlede Vrydag breëbors teruggekeer van die jaarlikse Interhoër Skole Atletiekbyeenkoms in Polokwane.

Triegies verower ‘n algeheel derdeplek, terwyl die seuns ‘n tweedeplek en die meisies ‘n derdeplek behaal. “Ons kinders was uitstekend,” sê die skool.

Wynand Mouton het ook die dag die seuns O/17 driesprongrekord verbeter tot 13.9 m. Hy is ook aangewys as die beste senior veldatleet, terwyl spanmaat Richard Lambert aangewys is as die beste junior veldatleet.

Rendani Ndouvhada en Thabelo Maiwashe stel ook rekords op. Rendani verbeter die seuns O/19 400mH rekord in 'n tyd van 54.7s en Thabelo hardloop die seuns O/17 100m in 'n tyd van 10.59s.

Die skool se onderwysers het ook ‘n aflosspan ingeskryf en nael ‘n eersteplek los.  

Selfs van die veld af het Triegies ook presteer. Een van die dirigente, Anastacia Stuurman, is aangewys as die Dirigent van die Dag.

“Ons is baie trots op almal wat die skool se naam so hoog gehou het; welgedaan julle,” het die skool gesê.

Sport - Date: 26 February 2015

Recent Articles

Search for a story:

 

Marietjie Leonard, een van die Triegie-dirigente, in aksie tydens die Interhoër. Foto verskaf.

Anastacia Stuurman van Hoërskool Louis Trichardt het die toekenning ontvang as die Beste Dirigent van die Interhoër Atletiekbyeenkoms verlede Vrydag (20ste) by die Pieter Mokaba Stadion in Polokwane. Foto verskaf.

Triegies se onnie-aflosspan nael 'n eersteplek los. Foto verskaf.

 

ADVERTISEMENT

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: