ADVERTISEMENT:

 

Chris Matheus op die roeimasjien. Deel van die voorafbepaalde oefeninge vir die naweek se spele was ‘n rondte op die masjien (en dit is glo nie so maklik soos wat dit lyk nie).

Plaaslike manne en vroue bult hul spiere

 

Dit is danksy tegnologie dat Louis Trichardt se mense se spiere kan bult saam met die res van die wêreld.

Sedert die begin van die CrossFit Open Doors Gimnasium  in Louis Trichardt in 2012, het dié sportsoort letterlik van krag tot krag gegaan. 

Nou kan elke deelnemer sy of haar vermoë toets teen ander deelnemers, wêreldwyd, as deel van die Reebok CrossFit Games. Hierdie spele is een van die strafste van sy soort in die sport, met die doel om jaarliks die fiksste mens aan te wys.  

CrossFit se oefeninge is gebaseer op funksionele beweging, hoë intensiteit en ‘n konstante verande­ring van oefeninge om spiergeheue te verhoed. Dit is ook hoekom daar weekliks ‘n ander stel oefeninge uitgegee word vir deelnemers aan die spele. 

Deelnemers moet ‘n voorafbepaalde stel oefeninge doen. Hierdie oefeninge moet oor ‘n naweek gedoen word, voor ‘n kamera en die uitslae inge­stuur word aan die organiseerders vir kontrolering. 
Die afrigter by Open Doors, Felix Malan, neem al jare deel aan die kompetisie en het al by meer as een uitda­ging eerste geëindig in sy ouderdomsklas. Wat dié spele uniek maak, is dat as Felix daarin slaag om onder die top 20 van sy kategorie in te kom, hy dan kwalifi­seer om in die VSA aan uitdunrondtes te gaan deelneem. Ander deelnemers wat in die ope-klas deelneem, kan ook kwalifiseer om Suid-Afrika te verteenwoordig by streeksfinale. 

“Maar eintlik is hierdie vir hom net ‘n lekker manier om homself te toets teen ander CrossFitters, sonder om ver te ry en in die gemak van ons eie gym,” sê mede-afrigter Lee Malan. Sy sê CrossFit gaan eintlik vir haar en Felix daaroor om mense te help.

Die plaaslike kompetisie vind elke Vrydag en Saterdag plaas by Open Doors (in Hospitaalstraat), vir diegene wat wil gaan inloer.

Sport - Date: 02 April 2015

Recent Articles

Search for a story:

 

Jackie van Niekerk wys hoe mens  thrusters doen as deel van Saterdag se program van die Reebok CrossFit Games.

Plaaslike deelnemers aan die Reebok CrossFit Games is, van links na regs, Felix Malan (CrossFit Open Doors), Brenda le Roux, Gerda du Toit, Jackie van Niekerk, Stoffel du Toit en Chris Matheus.

 

ADVERTISEMENT

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: