ADVERTISEMENT:

 

Generic Image

Vikings klop Mustangs met 26 lopies

 

Die Werda Toyota Vikings het voorverlede naweek ‘n 26-lopie oorwinning beklink teen die Mustangs in die volgende rond­te van die Limpopo Melkery 20/20-krieketliga.

Die Vikings het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Goeie bydraes met die kolf deur Morné Olwage (48 van 26 balle), Frikkie van Niekerk (19 van 17) en Warno Smit (10 van 9) het die Vikings se lopietelling op 114 te staan gebring, voordat hulle laaste paaltjie geval het. Vir die Mustangs was die uitblinker bouler Thinus Sadler, wat drie paaltjies laat kantel het vir die verlies van 10 lopies in twee beurte. Fransie Nel trek twee paaltjies plat vir die verlies van 18 lopies in drie beurte.

Die Mustang kolwers het die telling probeer jaag, maar was almal terug in die paviljoen met slegs 88 lopies op die telbord. Hul top kolwers was Hamza Aboobaku (30 nie uit nie), Christo Grobler (12 van 15 balle) en Moshin Patel (12 van nege).

Die Vikings se oorwinning was grootliks te danke aan bouler Morné Olwage, wat vier paaltjies geneem het vir die verlies van slegs 16 lopies in vier beurte. Hy is goed ondersteun deur Frikkie van Niekerk wat twee paaltjies ingeoes het, ook vir die verlies van 16 lopies in vier beurte.

Sport - Date: 19 June 2015

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

News Correspondent

Correspondent journalists from all over the region supply us with news and sport articles. 

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: