ADVERTISEMENT:

 

Voor, van links na regs, Willem van Wyngaardt en Ronel Welman. Agter is Theo, Bertus en Hannes. Afwesig tydens die neem van die foto was Jan Kleynhans. Foto verskaf.

Soutpansberg Muurbalklub neem deel aan Limpopo Meesterstoernooi

 

Spelers van die Soutpansberg Muurbalklub het vanaf 30 tot 31 Mei deelgeneem aan die Limpopo Meesterstoernooi in Polokwane.

Daar is meegeding in verskillende ouderdomsgroepe om te kan kwalifiseer vir die Limpopospan, wat later in die jaar sal deelneem aan die interprovinsiale muurbaltoernooi wat gedurende September in Kaapstad gehou sal word. Bertus Guilaume en Ronel Welman het beide hulle afdelings gewen, terwyl Theo Schlieben en Hannes Spies albei tweede plekke behaal het in hulle afdelings.

Die Louis Trichardt spelers wat span gehaal het is voor, van links na regs, Willem van Wyngaardt en Ronel. Agter is Theo, Bertus en Hannes. Afwesig tydens die neem van die foto was Jan Kleynhans. Foto verskaf.

Sport - Date: 19 June 2015

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

News Correspondent

Correspondent journalists from all over the region supply us with news and sport articles. 

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: