ADVERTISEMENT:

 

Stoffel du Toit was die laaste man wat bly staan het in sy ouderdomskategorie tydens die CrossFit kompetisie in Centurion. Die 26-jarige Crossfitter het 'n eersteplek verower in sy ouderdomskategorie. Foto verskaf.

CrossFit-manne bult hul spiere

 

Louis Trichardt se eie Crossfit-gimnasium hou aan om kampioene te slyp. Twee instrukteurs van die Open Doors gimnasium by Hoërskool Louis Trichardt het vroeër in September aan die Last Man Standing CrossFit kompetisie deelgeneem. Hierdie kompetisie is aangebied in Centurion vanaf 11 tot 13 September en altesaam 700 ander atlete het daaraan deelgeneem. Daar was selfs atlete vanaf Namibië wat deelgeneem het.

Oor die twee dae is daar gesweet, gepomp, gehardloop, gelig en gespring, alles om te sien wie die fiksste is en die meeste krag en stamina het.

“Die Saterdag het daar drie oefensessies op ons gewag en ‘n vierde op Sondag,” het Felix Malan vertel van sy en mede-instrukteur Stoffel du Toit se ervaring.

Ná Felix en Stoffel deurgedring het na die finale rondte van die kometisie het ‘n vyfde oefensessie op hulle gewag. Hiervoor was die twee instrukteurs voorbereid. “So twee tot drie weke voor ‘n kompetisie fokus ons baie meer op fiksheid,” sê Felix.

Hierdie jaar sal dit die vierde jaar wees wat hy afrig as ‘n gekwalifiseerde afrigter. Stoffel, wat tans ‘n leerling onderwyser is by Laerskool Louis Trichardt, het drie jaar gelede begin om CrossFit te doen.

Vir deelname aan die kompetisie moes beide Felix en Stoffel reeds in Augustus twee oefensessies afhandel om te kan kwalifiseer. “Ons was sewe atlete wat deelgeneem het, waarvan vyf gekwalifiseer het,” het Felix gesê.

Stoffel het tydens die kompetisie algeheel eerste geëindig in die beginnersafdeling, terwyl Felix ‘n derdeplek verower het in die meestersafdeling. “Hierdie kompetisie was uniek, omdat dit CrossFit-atlete die kans gebied het om in verskillende afdelings te kompeteer,” het die twee gesê.

Behalwe vir die twee se uitstekende prestasies tydens hierdie kompetisie het altwee ook goed gevaar in die afgelope jaar se deelname aan die wêreldwye Reebock CrossFit spele wat oor die Internet beslis word. Hierdie kompetisie word bepaal deur weekliks ‘n stel oefeninge te doen, waarvan die video-opname gestuur word vir die organiseerders vir kontrole.

Tans beklee Stoffel ‘n 452ste plek uit 4 100 atlete in die Afrika-streek en Felix ‘n tweedeplek in die Afrikastreek in die meesterskategorie vir mans tussen die ouderdomme van 40 tot 44 jaar.

Sport - Date: 02 October 2015

Recent Articles

Search for a story:

 

Felix Malan van Louis Trichardt en afrigter van die Open Doors gimmnasium op die dorp in aksie by die Last Man Standing CrossFit kompetisie. ​Foto verskaf.

 

ADVERTISEMENT

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: