ADVERTISEMENT:

 

Laerskool Louis Trichardt se O/10-netbalspan het 'n tweede plek verower in die Super 8-skoleliga. Voor, van links na regs, is mev. Elzabe Stewart, Kohani Munzhelele, Mia Alberts en Mulweli Muthala. Agter is Elri Dreyer, Jasmin Louwe, Naledi Maluna, Janie Potgieter en Lutenda Mudau.

Triegies wys hul slag in Super 8

 

Laerskool Louis Trichardt het verlede week deelgeneem aan die jaarlikse Super 8-skoleliga.

Hierdie liga word elke jaar aangebied by Laerskool Pietersburg Noord in Polokwane. Ander skole wat ook deelgeneem het, was die laerskole van Bergland, Phalaborwa, Bosveld, Lydenburg, Krugerpark en Thabazimbi.

Triegies se netbal- en rugbyspanne het deelgeneem aan die toernooi, wat aangebied is vanaf 15 en 16 April.

Die netbalspanne het baie goed gevaar en uitgeblink te midde van die strawwe kompetisie. In die finaal het die O/10’s teen Laerskool Pietersburg Noord te staan gekom. Die kompetisie was straf en Triegies moes tevrede wees met ‘n tweede plek.

Die O/11-netbalspan het ook goed gevaar. In hulle finale wedstryd het hulle te staan gekom teen hulle eweknieë van Lydenburg. Triegies eindig derde.

Die rugbyspanne het hard probeer, maar kon ongelukkig nie ‘n plek in die top drie los speel nie. Die O/9-, O/10- en O/11-spanne was almal vierde. Triegies se eerstespan het die spit afgebyt en moes tevrede wees met ‘n agste plek. 

Ná afloop van hul deelname het Triegies hul dank uitgespreek teenoor elke afrigter van elke span. “Wat sal ons spanne ook wees sonder die ouers se ondersteuning wat kinders aanry na wedstryde en help met die afrigting? Net so sal ons spanne nie kan presteer sonder ons getroue borge nie. Nogmaals dankie,” het die skool gesê.

Die skool het belangstellendes uitgenooi om eerskomende Donderdag die spanne te kom ondersteun tydens die eerste ligawedstryde van die seisoen. Triegies sal te staan kom teen Laerskool Pietersburg Noord om 14:00 op Triegies se sportvelde. Vir meer inligting kan die skoolkantore geskakel word by tel. 015 516 5151.

Sport - Date: 21 April 2016

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: