ADVERTISEMENT:

 

Fietsryers ryg nog podiumplekke in

 

Die Soutpansberg is weer goed verteenwoordig tydens Saterdag, 21 Mei, se Magoebaskloof Miami Bergfiets-uitdaging.

Dié gewilde jaarlikse uitdaging het vanjaar meer as 230 bergfietsryers vanoor die hele provinsie gelok wat sake wat uitgespook het in ‘n 70 km-, 40 km- en 15 km-wedren.

Hoërskool Louis Trichardt (HS LTT) se sterfietsryer Kombo Bere het weer die streek se naam hoog gehou deur algeheel tweede te eindig in die 70 km in ‘n tyd van 02:46:30. Hy was ook die tweede senior man tuis. Skoolmaat Giart Meyer spog ook met ‘n top-10 posisie in die 70 km en eindig algeheel sewende in ‘n tyd van 03:11:11. Hy was ook die derde senior man in dié ouderdomskategorie. Die 70 km het 28 inskrywing gelok.

‘n Honderd fietsryer kon daarin slaag om die 40 km te voltooi. Hier was dit HS LTT se Richard Lambert wat in twee weke sy tweede eerste plek ingepalm het. Verlede week het hy die 30 km Turbi Hills Bergfietswedren gewen. Saterdag wen hy die 40 km wedren in ‘n tyd van 01:43:04. Hy was ook die eerste sub-junior man gewees. Sowat een-en-‘n-halwe minuut later voltooi skoolmaat Marno van Zyl die 40 km wedren in ‘n tyd van 01:44:31. Hy was ongelukkig genoeg om ‘n algehele derde plek te mis met 'n breukdeel van ‘n sekonde tydens ‘n naelloop einde. Van Zyl was ook die tweede junior man oor die wenstreep. Douglas Archer van Ridgeway College voltooi die 40 km in algehele sewende plek in ‘n tyd van 01:48:59, met Turner de Swart (HS LTT) agste in 01:51:11.

Ander plaaslike ryers wat goed gery het, was James Coronaios van Ridgeway College (13de in 01:58:46), Christelle Coetzer van HS LTT (18de, algeheel derde vrou en eerste in haar ouderdom in ‘n tyd van 02:09:13), Stanley Thompson (31ste in 02:23:34), Joleen de Swart van HS LTT (60ste en eerste in haar ouderdom in 02:44:06), Andra Thompson (71ste en derde in haar ouderdom 03:01:25) en Jeanette Coetzer (94ste in 03:48:37).

Die wedren wat die meeste inskrywing gelok het, was die 15 km pretrit, met 113 ryers wat klaargemaak het. Plaaslike fietsryers wat hieraan deelgeneem het, was Laerskool Louis Trichardt (LS LTT) se fietsryspan se Shaun de Beer (7de in 00:49:23), Rohan Cronje van HS LTT (8ste in 00:49:24), Trevor de Beer van LS LTT (12de 00:53:06), en Chris Coronaios van LS LTT (15de in 00:54:26).

 

Sport - Date: 27 May 2016

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: