ADVERTISEMENT:

 

Makhulu se span mors met Ou Manne in 20/20

 

Die Makhulu-krieketspan het Sondag gemaklik afgereken met die Ou Manne in hul kragmeting wat op Cloud’s End se veld beslis is. Hulle volgende kragmeting op 14 Augustus, teen die Dorpspan, sal egter bepaal wie bo-aan die punteleer eindig.

In Sondag se wedstryd het Makhulu eerste gekolf en in hul toegelate 20 beurte 221 lopies aangeteken. Jaco van Tonder (29) en Eben Vermaas (34 n.u.n.) het die aanslag begin, wat voortgesit is deur Ruan van Tonder (35 n.u.n.), Michael Parkin (31 n.u.n.), TE Smit (35 n.u.n.) en Fanie Vosloo (14).

Vir die Ou Manne-span het Wayne Steyn twee paaltjies geneem, terwyl Stefan Otto, Hein Swanepoel en Kobus Barkhuizen elk een geneem het.

Die Ou Manne-span het nie veel hond haaraf kon maak met die kolf nie en is uitgehaal vir 82 lopies. Slegs Kobus Barkhuizen (27), Martin Venter (10) en Anton van Zyl (11) kon dubbelsyfers aanteken.

Paaltjies is geneem deur Francois Jonker (2), TE Smit (2), MJ Ras, Eben Vermaas, Wouter Smit, Michael Parkin en Fanie Vosloo.

Die Dorpspan is op hierdie stadium bo-aan die punteleer, gevolg deur Makhulu en Vivo, elk met twee punte na twee wedstryde. In die volgende kragmeting op 7 Augustus kom die Ou Manne teen Vivo te staan.

Sport - Date: 30 July 2016

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Anton van Zyl

Anton van Zyl has been with the Zoutpansberger and Limpopo Mirror since 1990. He graduated from the Rand Afrikaans University (now University of Johannesburg) and obtained a BA Communications degree. He is a founder member of the Association of Independent Publishers.

Email:

ADVERTISEMENT: