Polisie waarsku teen deposito-slenters

Article By: Andries van Zyl
Date: 07 October 2005

Article Vote Current Rating
The article has been Rated none stars

MAKHADO – Die polisie het weer die afgelope week inwoners gewaarsku teen talle geldmaak-slenters wat in die dorp bedryf word.

Die sogenaamde deposito-slenter is weer besig om kop uit te steek. Alhoewel die polisie reeds herhaaldelik inwoners gemaan het teen die slenter, is daar steeds diegene wat daarvoor val.

‘n Persoon sal byvoorbeeld ‘n besigheid skakel en ‘n bestelling plaas vir ‘n sekere hoeveelheid goedere. ‘n “Kontantbetaling” word dan gedoen. Sê nou maar die koste beloop ‘n R1 000, sal die persoon ‘n rukkie later die besigheid terug skakel en sê dat hulle instede van ‘n R1 000 per ongeluk R10 000 inbetaal het. Hulle sal dan die besigheid versoek om die “oortollige” R9 000 aan hulle terug te betaal in ‘n spesifieke rekeningnommer. ‘n Vervalste inbetalingstrokie word telkens deurgefaks as bewys van die “kontantinbetaling” deur middel van ‘n gesteelde tjek. Dit kom ook later aan die lig dat die rekeningnommer wat deur hulle verskaf is, onder ‘n vals naam geopen is. Die geld word dadelik onttrek wanneer ‘n slagoffer die sogenaamde “oortollige” bedrag inbetaal.

Nog ‘n slenter wat veral by meubelwinkels voorkom is die gebruik van vervalste “bank tjeks”. Dit is veral mense van groot stedelike gebiede wat die vervalste tjeks gebruik om plaaslik aankope te doen met die versoek dat die goedere in byvoorbeeld Pretoria afgelewer word. Weens die feit dat baie meubelwinkels deel is van ‘n nasionale groep, word die transaksie plaaslik afgehandel, terwyl die goedere verkry word van ‘n ander tak in ‘n stedelike gebied. Na wat verneem word is daar reeds ‘n plaaslike kettinggroep wat verliese gelei het as gevolg van die slenter.

Vir meer inligting en navrae, skakel Jaco Crause by tel. 084 608 3057.


(22-04-05)
Polisie waarsku teen geldmaak-slenters

Die polisie het weer die afgelope week inwoners gewaarsku teen talle geldmaak-slenters wat in die dorp bedryf word.
Comments: 0
Rating: none    The article has been Rated none stars

(27-05-05)
Wie moet die geraas stilmaak?

“Pappa, is die oom doof?” merk jou ses-jaar oue laaitie met vraende oë op. “Ja my kind, dit klink my so” kom jou skertsende antwoord.
Comments: 0
Rating: none    The article has been Rated none stars

(25-04-03)
Pasop vir dié geldmaakskema

Inwoners word gewaarsku om nie te reageer op die Wheels Direct-pamflette wat tans op voertuie se vensters in die dorp versprei word
Comments: 0
Rating: none    The article has been Rated none stars

(02-03-07)
Koperdiewe skrik nie eers meer vir arrestasie nie

Ten spyte van verskeie arrestasies die afgelope paar maande ten opsigte van koperdraaddiefstal, is dit duidelik dat die booswigte glad nie hierdeur afgeskrik word nie.
Comments: 0
Rating: none    The article has been Rated none stars

(21-04-06)
Polisie poog nou eers om identikit saam te stel

Verskeie inwoners wat deur die astrante inbreker in die omgewing van Krogh-, Burger- en Krugerstraat geteister word, is deur die polisie genader om ‘n identikit van die persoon saam te stel.
Comments: 0
Rating: none    The article has been Rated none stars

 

 

No additional Photos attatched to this article

 

 

 

 


No additional Files attatched to this article

 

 

 

 
Opinion Poll

Businesses in Louis Trichardt CBD are upset over loss of revenue during the recent Air Force parade in town. Do you think they are overreacting?