Plaaslike clivia na Oprah Winfrey vernoem

Die Bella Donna Oprah wat gekies is om na Oprah Winfrey vernoem te word.

Article By: Linda van der Westhuizen
Date: 26 November 2004

Article Vote Current Rating
The article has been Rated none stars

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) - ‘n Clivia wat plaaslik gekweek is, is gekies om na die bekende Oprah Winfrey vernoem te word.

Mnr. Bertie Guillaume se clivia, met die nie-amptelike naam Bella Donna, het uit honderde inskrywings gewen om na Oprah vernoem te word. Dié pragtige plant van oom Bertie sal nou geregistreer word as Bella Donna Oprah.

Die Bella Donna clivia is gekies deur ‘n paneel van beoordelaars bestaande uit die Oprah-tydskrifspan en die Cliviavereniging. Daar was asemrowende inskrywings, maar die paneel was eenstemmig in hulle besluit dat die Bella Donna gekies moet word. Die redakteur van O-tydskrif Suid-Afrika, Kgomotso Matsunyane, is baie tevrede met die gedagte om die pragtige blom Bella Donna Oprah te noem.

Registrasie word in Australië gedoen. Die registrasieproses word baie deeglik en in die fynste detail gedoen. Die persoon na wie die plant vernoem word moet ook in die lewe wees en moet toestemming verleen.

Die Cliviavereniging wil graag een van die wenplante aan Oprah Winfrey aanbied. Oom Bertie vermoed dat die Bella Donna Oprah tydens die 2006 Internasionale Clivia-kongres aan Oprah Winfrey oorhandig sal word. Die kongres vind oor twee jaar in September in Pretoria plaas.

Op die oomblik bestaan daar twee plante en twee suiers van die Bella Donna Oprah.

“As jy honderd persent seker wil wees die plant lyk soos die moederplant, dan haal jy die suiers van die moederplant af,†verduidelik oom Bertie. ‘n Suier neem ook maar twee tot drie jaar om te blom, maar hy is gewaarborg om presies dieselfde as die moederplant te wees. Oom Bertie se Brom-‘n-Nel kwekery, noordoos van Louis Trichardt, het ook heelwat saailinge van Bella Donna Oprah wat nog nie geblom het nie. Saailinge neem so drie tot vier jaar voor dit blom en as dit blom, kan jy sien hoe na dit aan die moederplant lyk.

“Dit is vir ons ‘n groot eer,†sê oom Bertie. “Ons kan nie wens vir beter nie. Ons kruisbestuif maar gedurig en eendag dan geluk dit jou. Met clivias is die moontlikhede eintlik onbeperk.â€

Oom Bertie het 30 jaar gelede met clivias begin boer.

“Dit het so begin: die eerste Sondag wat ons Louis Trichardt aangekom het, het ons kerk toe gegaan, na die Gereformeerde Kerk. Daar loop ons ou vriende van Potgietersrus raak en besoek hulle na kerk. Ek bewonder toe die geel clivia wat in die bedding staan langs die plek waar my motor geparkeer was. My vriend trek die geel clivia daar en dan uit en gee dit vir my present. Dis waar alles begin het,†vertel oom Bertie.

Ander clivias van oom Bertie wat al toekennings gekry het, is die Bertie’s Bronze wat tydens ‘n internasionale kongres in Pietermaritzburg bekroon is. Oom Bertie sê dat die Bertie’s Bronze moeilik saad maak. Tydens die 2004 se cliviaskou in Pretoria was dit interessant dat die moederplant tweede plek behaal het en die saailing eerste plek!

Die Bella Donna self het al tevore geskou in Pretoria by die Metroskou. “Die beoordelaars het agterna vir my gesê die Bella Donna sou aangewys gewees het as die beste plant, was dit nie dat die pot vuil was nie!â€sê oom Bertie. Nou het die Bella Donna tog sy erkenning gekry en het geskiedenis gemaak deur voortaan bekend te kan staan as die Bella Donna Oprah.


(20-08-04)
Halfeeufees en Cliviaskou soos min

‘n Aanskoulike Cliviafees gaan deel vorm van die halfeeufeesvierings van die N.G. Kerk Soutpansberg-gemeente, wat vanaf 9 tot 12 September gevier sal word.
Comments: 0
Rating: none    The article has been Rated none stars

(05-06-09)
Tannie Olive sterf ná kort siekbed

Die Soutpansberg het die afgelope week met hartseer verneem van die dood van nog ‘n bekende in clivia-kwekersgeledere, tannie Olive Brümmer (65) van Louis Trichardt.
Comments: 0
Rating: none    The article has been Rated none stars

(12-08-05)
Gewilde Cliviafees om die draai

Die gewilde Cliviafees van die NG Kerk Soutpansberg-gemeente het al ‘n jaarlikse instelling geword waarna besoekers uitsien en word vanjaar vanaf 25 tot 28 Augustus aangebied.
Comments: 0
Rating: none    The article has been Rated none stars

(07-10-05)
Polisie waarsku teen deposito-slenters

Die polisie het weer die afgelope week inwoners gewaarsku teen talle geldmaak-slenters wat in die dorp bedryf word.
Comments: 0
Rating: none    The article has been Rated none stars

(03-06-05)
Louis Trichardt vs Makhado - Naamsaak in Hooggeregshof aangehoor

As die hersieningsaansoek vir die naamsverandering slaag, is die dorp se naam weer Louis Trichardt. Die hersieningsaansoek vir die naamsverandering is op die rol geplaas vir 18 Augustus vanjaar.
Comments: 0
Rating: none    The article has been Rated none stars

 

 

No additional Photos attatched to this article

 

 

 

 


No additional Files attatched to this article

 

 

 

 
Opinion Poll

What do you think of the fraudulant misrepresentation of fake educational institutions?