Tannie Olive sterf ná kort siekbed

Wyle tannie Olive Brümmer (65).

Article By:
Date: 05 June 2009

Article Vote Current Rating
The article has been Rated none stars

Die Soutpansberg het die afgelope week met hartseer verneem van die dood van nog ‘n bekende in clivia-kwekersgeledere, tannie Olive Brümmer (65) van Louis Trichardt.

Tannie Olive is skaars twee weke na haar pa, oom Gordon de Vries, se dood op haar verjaarsdag op 28 Maart met kanker gediagnoseer. Medici in Pretoria het aanbeveel dat hulle opereer, maar aangesien hulle nie kon waarborg dat sy genees sou wees nie, het tannie Olive teen die operasie besluit. Sy is ‘n paar weke gelede in die Zoutpansberg Privaat Hospitaal opgeneem. Haar gesondheid het vinnig agteruitgegaan en sy is laat Maandagmiddag oorlede.

“Ek sal my ma onthou as iemand wat tot op haar sterfbed haar ontferm het oor die nood van andere. Sy het altyd ‘n glimlag gehad vir iemand en ‘n oor om te luister vir haar medemens,” het haar dogter Ilzé Woensdag gesê.

Tannie Olive het haar laerskoolloopbaan by Laerskool Louis Trichardt voltooi en was van Standerd 8 tot matriek verbonde aan Hoërskool Tom Naudé. Sy het haar werkslooppaan by die destydse Werke Departement op Louis Trichardt begin. Daarna is sy oor na veeartseny dienste toe. Menige sal haar egter onthou vir haar jarelange verbintenis met Vleissentraal waar sy bekend was vir haar kennis van antieke ware en veilings. Haar pragtige clivias wat sy by haar huis gekweek het, het tannie Olive ook alombekend gemaak.

Tannie Olive is in 1966 getroud met eweneens ‘n bekende inwoner, oom Jas Brümmer. Twee kinders is uit die huwelik gebore, seun Gordon en dogter Ilzé. Hul het troos daarin gevind dat hulle ma en eggenoot nie lank gely het nie.

Tannie Olive word oorleef deur haar man, twee kinders en hul onderskeie eggenote Sandra en At, en kleinkinders Wieghard, Chanél, Adriaan en Johan. Sy sal Vrydag, 5 Junie om 11:00 vanuit die NG Kerk Moedergemeente op Louis Trichardt begrawe word.

(14-01-05)
Talle bekendes sterf tydens feestydperk

Die Desember feesgety het ook sy kwota van hartseer opgelewer met die nuus van die dood van talle van die streek se bekende inwoners.
Comments: 0
Rating: none    The article has been Rated none stars

(07-05-04)
Johnny Mellows oorlede

Die nuus van die skielike dood van bekende sakeman en oud-inwoner, mnr. Johnny Mellows (61), is met skok en hartseer ontvang.
Comments: 0
Rating: none    The article has been Rated none stars

(18-02-05)
Yskasverkoper vort met kliënt se geld

Tannie Maxie van Eeden het die afgelope week mede-inwoners gewaarsku om nie goedsmoeds gebruik te maak van die dienste van ‘n persoon wat tans yskaste in die dorp smous nie.
Comments: 0
Rating: none    The article has been Rated none stars

(27-08-04)
Joke sterf na kort siekbed

Mev. Joke Jandrell is op Saterdag, 21 Augustus, skielik oorlede.
Comments: 0
Rating: none    The article has been Rated none stars

(09-05-08)
Diere langs pad eis tweede jong lewe in drie dae

Slegs drie dae na ´n botsing met ´n koedoe op die Vivo-pad die lewe geneem het van die 20-jarige Loutrisha Pillay, is nog ´n bekende jong inwoner, die 21-jarige Stephen Goosen, dood na ´n botsing met ´n rondloper bees op die lugmagbasis-pad.
Comments: 0
Rating: none    The article has been Rated none stars

 

 

No additional Photos attatched to this article

 

 

 

 


No additional Files attatched to this article

 

 

 

 
Opinion Poll

Businesses in Louis Trichardt CBD are upset over loss of revenue during the recent Air Force parade in town. Do you think they are overreacting?